DesemberDesember

Tyger Run | Walk 2019

21 Maart - 21 Maart, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

21 Maart - 21 Maart, 2019

6:00 vm - 11:00 vm

Tygervallei Winkelsentrum

Kontak Persoon:

Top Events

Meer as 7000 inskrywings! 

INSKRYWINGS vir die baie gewilde Tygerberg 104fm Tygerrun môre op Menseregtedag, aangebied in samewerking met Discovery Vitality,  Tygervallei Winkelsentrum en TygerBurger, het die 7 000 merk oorskry.

Deelnemers wat gelukkig was om betyds te registreer vir of die halfmarathon oor 21.1km, die 10km draf, of die pretstap oor 5km, kry vandag die geleentheid om hul nommers af te haal.

Die afhaal van nommers geskied vandag tussen 10:00 en 18:00 in die Foodcourt van die Tygervallei Winkelsentrum, asook tydens winkelure by Sportsmans Warehouse Rondebosch en West Coast.

Benewens die stewige kontantpryse wat opgeraap kan word deur die wenners in die verskillende kategorieë, staan alle deelnemers ‘n kans om te deel in bykans twintig opwindende pryse wat in ‘n gelukstrekking tydens die prysuitdeling na afloop van die wedloop weggegee gaan word.

En Tygerberg 104fm se Oggendrooi-ontbytprogram aanbieders, Anton Brink en Gerald Petersen, saai regstreeks vanaf die Tygerrun by die Tygervallei Winkelsentrum uit.

Die hulporganisasie It’s Amazing ZT, wat groot impak maak met die aanbied van voorskoolse programme aan behoeftige kinders op die Kaapse Vlakte, insluitend die bende geteisterde Heideveld, Gugulethu, Hanover Park en Khayelitsha, is vanjaar die Tygerrun se begunstigde. Donasies deur deelnemers gaan tydens die prysuitdeling môre aan die organisasie oorhandig word.