JanuarieJanuarie

The Match In Africa – Federer & Gates VS Nadal & Noah

7 Februarie - 7 Februarie, 2020

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

7 Februarie - 7 Februarie, 2020

Feder vs Nadal-07Feb2020

Beplan jou Vrydag! As jy môre ‘n vergadering in die stad het is dit dalk tyd om nou ‘n alternatiewe dag of plek te oorweeg! Tensy jou vergadering iets met #tennis te doen het!
Verskeie paaie sal môre, 7 Februarie, gesluit wees vir die reuse stryd tussen tennis-Avengers Roger Federer en Rafael Nadal in die Kaapstad-stadion. Met plek vir 50 000 mense (Die kaartjies is almal binne slegs 10 minute uitverkoop!) hoop die organiseerders om ook ‘n nuwe wêreldrekord op te stel vir die meeste toeskouers by ‘n tenniswedstryd. En as dit jou steeds nie oortuig het om dalk maar ‘n dag se verlof te oorweeg nie, lees aan!
 
Almal in die stadion sal ook ‘n voorwedstryd tussen die immergewilde aanbieder van The Daily Show, Trevor Noah en wêreldfilantroop en stigter van Microsoft Bill Gates kan kyk waarna hul ook dubbels met Federer en Nadal sal speel.
 
Alles is vir ‘n goeie doel: om fondse vir vir die Roger Federer-stigting in te samel wat plattelandse kleingoed help met opvoeding in Suid-Afrika – lees meer hieroor by www.rogerfedererfoundation.org.
 
Moet dus nie onkant betrap word nie en maak seker dis Pot, Stel en Wedstryd tussen jou en die verkeer.
 
Om te sien wàtter paaie geraak word, dien hier!
#TheMatchInAfrica
#FedererAndGates
#NadalAndNoah
#TennisInnieGrootKaap