Skop die feesseisoen met ‘n prinses af! Luister
30 November - 30 November, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
30 November - 30 November, 2019
8:00 vm - 10:30 vm
Durbanville
Die Bron Teater Willowbridge
LUISTER ONDERHOUD
Brunch se Benescke Janse van Rensburg gesels met Laretha Blom (Ipic Play, IPic Active, Ipic Shopping Aurora) en prinses Karien Basson (Vrinne.co.za)!
Skop hierdie feesseisoen op ‘n hoogtepunt af!
Is jy die mamma, ouma, ouer sussie of oulike tannie van ‘n klein prinsessie? Wel, vanjaar vat Radio Tygerberg 104FM hande met die drie prisesse van Vrinne.co.za, 104fm se eie Benescke Janse van Rensburg, sangsensasie Rouchelle Liedemann en TV-aanbieder, skrywer en spreker Karien Basson om ‘n baie spesiale ma-en-dogteroggend (of ouma, of sussie of tannie!) propvol alles wat pragtig is aan te bied. Kersfees met die prinsesse beloof om ‘n onvergeetlike kinderteater oggend te wees.
Eg aan prinsesse, gaan daar heelwat gesing word terwyl daar met die prinsesse van goedheid, liefde, omgee, hoop, drome, moed, nederigheid, selfbeheersing, vrede, vreugde en geduld gekuier gaan word. Die prinsesse wat op die dag gaan inloer sluit Rouchelle Liedemann Karien Basson Benescke Janse van Rensburg Nadine Brown Blom Christi Panagiotopoulos Mishka Patel Therene Nel Erla Eliot en Lubbi Triegaardt in.
Maak sommer nou ‘n reuse goue kroon op jou kalender vir Saterdag 30 November by die Bron Teater Willowbridge (die voormalige Barnyard teater). Kom geniet ‘n soet-woud van eetgoed vanaf 08:00 terwyl die vertoning 09:00 begin en teen 10:30 is jul reg om die res van die dag aan te pak.
Trek jou mooiste prinsesrok aan en kom neem ‘n foto saam met jou gunsteling prinses. Teen R160 per persoon is hierdie die perfekte geleentheid om die feesseisoen mee af te skop of ‘n heerlike laatjaar verjaarsdag in styl te vier! Kaartjies is by iTickets SA te koop.
Info page:
https://itickets.co.za/events/437946.html
Buy page:
https://itickets.co.za/register/new/437946
Met trots moontlik gemaak deur FairCapeDairies Optiphi ABC Event Furniture Hire en Radio Tygerberg 104fm.