Skenk R100 vir #Kind100
26 November - 30 November, 2018
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
26 November - 30 November, 2018
6:00 vm - 10:00 nm
Vanjaar het Radio Tygerberg 104fm ’n Kersfeesprojek identifiseer en ons wil kinders in verskeie kinderhuise en/of plekke van veiligheid tydens die Kerstyd bederf om in van hulle behoeftes te voorsien.
Kind100 is ’n fondsinsamelingsprojek waartydens luisteraars Radio Tygerberg die geleentheid het om die nood van kinders te verlig en te help dat meer kinders hierdie feestyd kan glimlag.
Daar is verskeie kinderhuise in ons uitsaaigebied geidentifiseer met uiteenlopende behoeftes. Daar is reeds ‘n behoeftebepaling gedoen met die kinderhuise en jou bydrae van R100, sal help om ‘n glimlag op die gesiggies van die kleinspan te plaas.
Met hierdie projek steun Radio Tygerberg104fm ook die nasionale bewusmakingsveldtog 16 dae van geweld teen vroue en kinders wat vanaf 25 November tot 10 Desember plaasvind.
Skakel van Maandag 26 November vanaf 06:00 op Oggendrooi in om van die kinderhuise asook plekke van veiligheid te leer ken en meer van elk se unieke behoeftes te hoor. Die fondsinsameling vind vanaf 26 – 30 November plaas.
Enige bydraes kan gedurende kantoorure by die ontvangs van Radio Tygerberg 104fm inbetaal word of ‘n elektroniese betaling kan gedoen word by:
Radio Tygerberg, ABSA, Rek no: 404 894 1668, Takkode 632005 met die KIND100 as verwysing.
SMS jou bydrae na 32716 of stuur ‘n WhatsApp na 084 661 4104.
Help ons om ‘n glimlag op kinders se gesigte te sit en hul kerskouse te vul.