Sing, bid en bly tuis Suid-Afrika

26 Maart - 26 Maart, 2020

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

26 Maart - 26 Maart, 2020

5:00 nm - 11:59 nm

Suid-Afrikaners word uitgenooi om vanmiddag om 17:00 die nasionale lied Nkosi Sikelel’ iAfrika (“God seën Afrika”) uit volle bors van hul huise, motors, stoepe en balkonne te sing.

 
Om 18:00 word Suid-Afrikaners genooi om die bid vir ons land, ons mense, ons leiers, ons toekoms en ons eenheid vir die volgende 21 dae en om 23:59 word elke luisteraar versoek om ‘n pligsgetroue landsburger en Christen te wees en die landswette te gehoorsaam deur tuis te bly.
 
Kom ons sing, bid en bly positief dat die Here in hierdie tyd ongelooflike wonderwerke in ons land sal doen.