DesemberDesember

Sakebyeenkoms Riaan en Vasti Manser: 17 Julie

17 Julie - 17 Julie, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

17 Julie - 17 Julie, 2019

6:30 vm - 9:00 vm

Bellville

The Barnyard Willowbridge Shopping Centre Address: 39 Carl Cronje Dr, Bellville Park, Cape Town, 7530 Phone: 021 914 8898

Kontak Nommer:

0861 104 104

Kontak Epos:

sake@104fm.co.za

“Ons dra dieselfde das!” Algemene bestuurder Sedrick Talkaard deel ‘n grappie met Riaan voor die sakebyeenkoms. By hul is Johann Louw en Hardus Zevenster van die Bloudruk Groep, Vasti en Riaan Manser, Sedrick en inhoudsbestuurder Rikus van Rooy.

 

Avontuur by #Sakebyeenkoms101

Van Marokko na die Groot Appel in ‘n roeiboot. In ses maande.

Om die vasteland van Afrika met ‘n fiets – 37 000km en 34 lande later.

En natuurlik die bekende wittebrood op see! Van Kalifornie na Hawaii – wat is dan beter as om jou huwelik af te skop met 20 000 km op see?

Dis #Avontuur101 met Riaan en Vast Manser wat vanoggend die gassprekers was by Radio Tygerberg 104fm se  sakebyeenkoms met die baie gepaste tema –  Getting the job done! Hierde baie spesiale geleentheid was ook sakebyeenkoms nommer 101 wat die radiostasie aangebied het.

Riaan en Vasti Manser het gesels oor die neem van daardie baie belangrike eerste stap wanneer jy planne maak en hoe belangrik dit is om deursettingsvermoë te kweek. Vertroue in mekaar is ook baie belangrikse. Alles noodsaaklike beginsels nie net in die lewe nie, maar ook in die sakewêreld vandag.

Riaan het ook sy boek,  Around Africa on my bicycle, vir gaste onderteken en met sy humor en passie gaste op die punte van hul stoele gehou.

Die Manser-egpaar se lewe is beslis nie saai nie, maar hul sit ook nie en wag dat die lewe met hul gebeur nie – hulle maak dit gebeur!

VIR MEER FOTO’S VAN DIE OGGEND, KLIK OP DIE SKAKEL: Foto’s: Light Lounge Studio

https://lightloungestudio.pixieset.com/riaanmansertygerbergbreakfast/

 

Radio Tygerberg 104fm se volgende groot byeenkoms is op 17 Augustus in die Lighuis in Kaapstad met Angus Buchan wanneer hy oor Fighting the good fights, running the race gesels. Koste beloop R30 en besprekings kan by iTickets gedoen word.

________________

Avontuurpaar sprekers by Sakebyeenkoms

As sy ‘n 9-5 man gesoek het en hy ‘n vrou wat winkelsentrums en koffiewinkels bo avontuur verkies het, was hierdie verhaal moontlik nooit geskryf nie.

Riaan en Vasti Manser is nie jou doodgewone paartjie nie en is ons gassprekers by die volgende #Sakebyeenkoms. Dis een wat jy liefs nie wil mis nie!

Hý spog met vyf wêreld eerstes en twee Guiness Book of World Records. Sý is die eerste vrou uit Afrika wat ‘n oseaan in ‘n roeiboot oorgesteek het. Avonturier-egpaar Riaan & Vasti Manser gesels by die volgende Sakebyeenkoms oor die tema Getting the job done!

Kom luister Woensdagoggend 17 Julie om 06:30 vir 07:00 by Barnyard Willowbridge wanneer Riaan en Vasti gesels oor hulle avonture, verhouding en geloof.

Bespreek jou gratis sitplek by sake@104fm.co.za of skakel 0861 104 104.