Sakebyeenkoms: Uitgeboul deur Shaun Pollock
15 Mei - 15 Mei, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
15 Mei - 15 Mei, 2019
7:00 vm - 9:15 vm
Barnyard Willowbridge
Kontak Nommer:
0861104104
Kontak Epos:
Uitgeboul! Dit was die reaksie van Radio Tygerberg 104fm se personeel kort na die #Sakebyeenkoms waar oud Protea-kaptein Shaun Pollock die gasspreker was.
Sy tema was “My reis saam met Christus in die Sport- & Media Wêreld” en hy het onder meer vertel hoe hy aanvanklik nie in ‘n Christelike omgewing grootgeword het nie. Dit was eers kort voor sy tienerjare dat sy ouers oor ‘n tydperk Jesus aangeneem het en sy lewe vir die beter verander het. Dit is ook volgens hom die grootste geskenk – en verantwoordelikheid – wat ‘n ouer het: om hul kinders te leer om ‘n verhouding met die Here te hê.
Shaun het aanvanklik die Here as ‘n tipe “vending masjien” gesien – jy gebruik Hom wanneer jy wil en kies net sekere verse in die Bybel waarvan jy hou. Maar stelselmatig het hy geleer dat die Bybel in geheel gelees moet word en dat jy daagliks met die Here aan jul verhouding bou. Hierdie besef het hom deur moeilike tye in sy loopbaan gedra. Geloof was en is die goue draad wat sy lewe aanmekaar hou en hom deur alles dra.
Daar was egter ook tyd vir ‘n heelpaar lekker-lag oomblike tydens die sakebyeenkoms met Shaun wat die stampvol gehoor met sy kolfwerk beindruk! Drie gelukkige wenners het elkeen met onder meer dubbelkaartjies na Michael W Smith se konsert weggestap.
Die Tygerbergse Sakekamer het hierdie #Sakebyeenkoms moontlik gemaak in samewerking met Christian Sports & Business, CBMC en Unashamedly Ethical.
Ons volgende sakebyeenkoms beloof om een groot avontuur te wees! Bespreek sommer vandag nog jou plek vir die #Sakebyeenkoms op 17 Julie by Barnyard Willowbridge. Suid-Afrika se avonturier-egpaar Riaan en Vasti Manser is die gassprekers. Die tyd is oudergewoonte om 06:30 vir 07:00. Toegang is gratis maar besprekings noodsaaklik. Bespreek jou sitplek of tafel by sake@104fm.co.za of skakel 0861 104 104.
_________
Hy het Suid-Afrika in meer as 100 toetse verteenwoordig en is die enigste speler in wêreldkrieket wat spog met meer as 3 000 lopies en 300 paaltjies in beide toets- en eendag formaat.
Shaun Pollock, veelsydige ster en oud Protea-kaptein, is die gasspreker by Radio Tygerberg 104fm se volgende sakebyeenkoms Sy tema: “My reis saam met Christus in die Sport- & Media Wêreld”. Hy gaan ook ’n blik gee op die komende Krieket Wêreldbeker.
Sluit by ons aan op Woensdagoggend 15 Mei by Barnyard Willowbridge om 06:30 vir 07:00. Toegang is gratis maar besprekings noodsaaklik. Bespreek jou sitplek of tafel by sake@104fm.co.za of skakel 0861 104 104.
Die Radio Tygeberg 104fm Sakebyeenkoms word in samewerking met Christian Sports & Business, CBMC en Unashamedly Ethical aangebied en geborg deur die Tygerberg Sakekamer.