DesemberDesember

Sewende Rut-konferensie reuse sukses!

1 Junie - 1 Junie, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

1 Junie - 1 Junie, 2019

9:00 vm - 3:00 nm

Kaapstad

NG Kerk Welgelegen 47 La Provence Straat Welgelegen Kaapstad

Kontak Persoon:

Ziva

Kontak Epos:

info@ziva.co.za

Dit was ‘n dag propvol inspirasie, lofprysing, stories van hoop, lekker kuier en lag en die susterlike liefde in Christus.

Die sewende Rut-konferensie is ‘n ‘n stampvol  NGK Parow Welgelegen in samewerking met Radio Tygerberg 104FM Finesse Voelgoed TydskrifRoeptv.com en Veldskoen Shoes ten bate van Die Burger Kinderfondsaangebied. Die konferensie het ‘iets vir almal’ gehad.

Sprekers soos Prof Gerrie Bester Ziva Spangenberg Benescke Janse van Rensburg en Riette Delport asook die voorsangers van die kerk onder leiding van Tania Olivier het verseker dat die dag ‘n geesvervulde hoogtepunt was.

Ziva – OneLife het ook tydens die konferensie die leidsels aan pastoor Marencia Westraat, een van Radio Tygerberg 104fm se gebedsvriende oorhandig.

 

 

 

______

Die sewende Rut-konferensie vind vanjaar op Saterdag 1 Junie by die NG Kerk Welgelegen, Kaapstad plaas. Die tema is Today I choose hope!

Die bekende Mosselbaaise kunstenaar, Riette Delport van Rut Creations het die kunswerk vir die konferensie gemaak en sal ook as spreker optree. Rut is bekend vir haar gesiglose engele en gaan haar storie van hoop deel.

Die ander #Hoopmakers op die dag is Prof Gerrie Bester, Radio Tygerberg 104fm omroeper Benescke Janse van Rensburg en Ziva Spangenberg wat as sprekers by die konferensie optree. Tydens die dag gaan daar ook heerlike ‘praise & worship’ wees onder leiding van Tania Olivier.

Daar is nog enkele kaartjies beskikbaar en ‘n spesiale fondsinsameling word ten bate van Die Burger Kinderfonds gehou. Riette het ‘n spesiale Rut-kunswerk  (sien onder) geskilder en geskenk wat uitgeloot gaan word. Die skildery is 1.3m x 800mm groot en ter waarde van R14 500! Een gelukkige persoon sal ook ‘n paar eg Suid-Afrikaanse vellies en ‘n geskenkpak van Veldskoen wen. Looitjies kos slegs R50 elk.

Fondse sal aangewend word as deel van die jaarlikse Jeugleierskonferensie wat deel is van Die Burger Kinderfonds om jong vroulike leiers vir die konferensie te borg. Kaartjies is beskikbaar by BackaBuddy.

Kaartjies vir die konferensie is R150 en is beskikbaar by Computicket.

Prysborge: Veldskoen;

Mediaborge: Radio Tygerberg 104fm. Finesse, Die Burger Kinderfonds