DesemberDesember

#RooiVerskil, kyk, luister en DANS! (kyk video)

1 September - 30 September, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

1 September - 30 September, 2019

6:00 vm - 10:00 nm

Dit was ‘n kleurvolle maand sover. Een waar die span van Radio Tygerberg 104fm ‘n sigbare verskil in mense se lewens wou wees en op ‘n praktiese manier Sy grondgebied uitbrei deur Sy hande en voete in die Skiereiland te wees. Tussen buite-uitsendings, #DagstukkiesMet en #KleinSaterdae, is die kalender bloedROOI geverf met verskeie uitreike, gebed, insamelings, bewusmakings, hoop, dans en soveel meer!

Die #ROOIverskil het afgeskop met #WaarInDieWêreldIsJy? Luisteraars is genooi om te laat weet vanwaar hul na Radio Tygerberg 104fm luister en sommer ook om iemand uit te nooi om ook na die stasie te luister oor die radio of via ons TOEP of webblad.

Te danke aan Old Mutual is ‘n reuse meubelprojek van stapel gestuur. Honderde kantoormeubels kon ‘n tweede asem kry in een van 13 nie-winsgewende organisasies. Dit was ‘n reuse sukses met talle dankbare ontvangers.

Met Projek #SOS200 is nie net die lewens van 486 boere direk geraak nie, maar het dit ook duisende harte landswyd aangegryp. Daar is ongeveer 700kg veevoer aan elk van die boere gelewer.

Die nood wat boere ervaar is met ons luisteraars gedeel en verskeie gemeentes het projekte geloods wat uit #SOS200 gebore is. Die stasie kon ook R100 000 aan Burre Burger se droogtehulpfonds oorhandig vir humanitêre hulp.

Op die musiekfront het Anton en Gerald  hul eerste enkelsnit HOOP die lig laat sien. Dit is spontaan in die ateljee deur luisteraars geskep, geskryf en gesteun. Luister gerus na die ontbytmanne se goue stemme wat ‘n #ROOIverskil maak.

In die nuutste uitgawe van JUIG! vertel ons wat reeds in 2019 aangepak is en dis ‘n mondvol!

Verder is daar ‘n gebedsaksie voor die kantoor gehou om vir ons land en veral vir geweld teen vroue en kinders te bid ter ondersteuning van die nasionale #GenoegIsGenoeg veldtog. Gratis opleiding in trauma-steun is saam met die organisasie 1000 Women Trust aangebied (14 en 28 September).

Personeel het ook  in die tyd opleiding ontvang van Suid-Afrika se reënboog fasiliteerder, Lynette Beer. ‘n Week van wonderwerke is afgeskop met die #ROOIverskil met Spar en vyf gesinne is elke met R5000 se inkopies en geskenkbewyse geseën.

Die span het ook pasgebore babas en mamma’s in die Karl Bremer Hospitaal met geskenksakkies bederf voordat die span die #ROOIdans voor Cape Gate Winkelsentrum gaan doen het en luisteraars ‘n volle dag van wonderwerke en getuienisse op lug kon hoor.

Die #ROOIverskil-maand was ‘n bewys dat min mense baie kan vermag deur klein dade daagliks te doen. Ons bly bid dat groot wonderwerke vir ons land en sy mense weer hoop sal bring en die nasie in hierdie erfenismaand as een sal laat saamstaan.

Dankie aan elkeen wat ‘n #ROOIverskil was.

 

Gedurende ons #ROOIverskil-maand gaan Radio Tygerberg 104fm die land “ROOI verf” met dade van liefde en stories van genade en geloof, getuienisse en deel ons ook ‘n paar wonderwerke.

Tydens September wil ons luisteraars aanmoedig om die #ROOIverskil te wees in iemand se lewe. Ons wil ook weet vanwaar jy na Radio Tygerberg 104fm luister en jou uitnooi om minstens een ander persoon aan die stasie bekend te stel! Nooi iemand om saam met jou te luister, deel projekte op jou sosiale media en laat weet vanwaar jy luister. Ons wil die kaart ROOI verf!

Maak hoe kan jy die #ROOIverskil wees? Kom ons raak prakties:

Bederf jou kollega met koffie in ’n ROOI koppie, of koop dalk ‘n gesonde ROOI cappuccino! Miskien ‘n heerlike sny ROOI fluweelkoek met  ekstra ROOI versiersuiker. Of gee vir iemand vir wie jy omgee ‘n ROOI blom. En as jy op 24 September ‘n vuur gaan aansteek, nooi sommer jou bure vir ‘n stukkie ROOIvleis! 

Neem hierdie ROOI oomblik af en plaas dit op Radio Tygerberg 104fm se Facebook of Instagram-bladsye met die hutsmerk #ROOIverskil  en “tag” Radio Tygerberg.

En indien jy in September net kan spog met ‘n leë beursie? Dan nooi ons jou uit om jou mooiste ROOISTE skoene te gaan afstof en die op Vrydag 20 September tussen 07:00 en 08:00 die land aan die brand te dans vir Jesus!

Op 20 September vier Radio Tygerberg 104fm dan ook ‘n dag vol wonderwerke en heerlike lofprysing en aanbidding en jy word uitgenooi om saam met die stasie van hoop te dans! Veral skole word aangemoedig om op die laaste dag van die kwartaal leerders in ROOI te laat aantrek en so ook fondse in te samel vir ‘n liefdadigheidsorganisasie van die skool se keuse. Sluit die kwartaal op ‘n hoë noot af en begin die skoolvakansie al dansende!

Maak dus ‘n reuse ROOI merk in jou dagboek want op 20 September tussen 07:00 en 08:00 word daar gedans vir Jesus!  Loer gerus na hierdie video en oefen solank! Skole word veral uitgenooi om op die laaste dag van skool leerders in

Wees jy vandag die #ROOIverskil in iemand se lewe!

En so word die #ROOIdans gedoen:

Hoërskool Bellville se meisies in ROOI en in pas!

En Hoërskool DF Malan lyk gevaarlik in ROOI!