Retief Burger – Oorwin (Video)
14 Maart - 14 Maart, 2020
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
14 Maart - 14 Maart, 2020
6:00 nm - 11:00 nm
Die Bron Teater, Bellville
Kontak Nommer:
086 1000 291
Webwerf:
“Dit was nou Lekkerrrrr. Dankie Radio Tygerberg en DIE Bron”
So sê Ita Milner wat Saterdagaand een van amper 500 mense was wat die bekendstelling van Retief Burger se splinternuwe album Oorwin bygewoon het. Die bekendstelling was by Die Bron Teater in Willowbridge. Hardus Zevenster, uitvoerende hoof van die Bloudruk Groep, het die gehoor verwelkom en hul ook ‘n voorsmakie gegee van die fliek #Unplanned wat tans by Ster-Kinekor draai asook oor die opkomende toer van die internasionaal bekroonde Christengroep Mercy Me wat 2 Mei in Kaapstad sal optree.
Volgens Martie van Tonder was dit ‘n ongelooflike ervaring aangesien almal kon saam sing. “Jy was deel van die worship team en jy kon God persoonlik ervaar,” het sy na die tyd gesê.
Luister gerus na die musiekvideo.