DesemberDesember

Neem kennis: Tyger Run 2020 Uitgestel

21 Maart - 21 Maart, 2020

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

21 Maart - 21 Maart, 2020

6:00 vm - 12:00 nm

Bellville

Tygervallei Winkelsentrum

Kontak Nommer:

(021) 511 7130

Kontak Persoon:

Top Events

Na aanleiding van President Ramaphosa se aankondigings gisteraand, word die Tyger Run, wat eerskomende Saterdag sou plaasvind, uitgestel tot verdere kennisgewing.
Die organiseerders sal dadelik, wanneer die nuwe datum bepaal is, dit aan die media en atlete bekend maak.
Hardus Zevenster, Hoof Uitvoerende Beampte van Radio Tygerberg, sê: “Ons sien die virus-ontwrigtings as ‘n geleentheid hoe Suid-Afrika die wêreld kan wys om leiding te neem, verantwoordelikheid te aanvaar en ‘n voorbeeld te stel om nie paniekerig te raak onder ware druk en fopnuus nie. Dit is eerder ‘n kans om saam te staan, mekaar te help en te bemoedig om sukses te behaal in die moeilike tyd. Die enigste manier om die virus te oorwin is om dit nie ligtelik op te neem nie, maar om terselfdertyd weldeurdagte en verantwoordelike besluite tot voordeel van almal in Suid-Afrika te neem.”

Hy sê dit is ook ‘n geleentheid vir Christene en alle landsburgers om persoonlik verantwoordelikheid te neem sodat ons almal hierdie uitdaging so gou en sterk as moontlik te bowe kan kom. Radio Tygerberg bedank almal vir hulle begrip en geduld.

MEDIAVRYSTELLING – TYGERRUN UITGESTEL _ AFRIKAANS

MEDIAVRYSTELLING – TYGERRUN UITGESTEL _ ENGLISH

 

___________________

 

Dis weer tyd vir die immer gewilde Tyger Run/Walk  saam met Discovery Vitality, Radio Tygerberg 104fm, Tygervallei Winkelsentrum en TygerBurger!  Dis tekkies op die teer vir ‘n halfmarathon óf 10km, óf 6km pretstap en jy kry boonop Discovery Vitality punte. Saterdag 21 Maart, by Tygervallei Winkelsentrum. Bring die hele gesin. Daar’s tonne opwinding en pryse op die spel.

 

Vanjaar word die Cape Town Drug Counselling Centre wat sentrums in Observatory [0214478026], Mitchell’s Plain [0213970103] en Atlantis [0215717180] het, ondersteun.

Skryf voor of op 11 Maart aanlyn in by topevents.co.za.

  • Afstande sluit in ‘n halfmarathon, 10km draf of 6km pretstap
  • Discovery Vitality lede verdien weer ekstra punte vir al dié pret
  • Dié keer val 21 Maart op ‘n Saterdag, dus kan jy die hele gesin opkommandeer om te kom saam draf of stap
  • Skryf aanlyn in voor of op 11 Maart by www.topevents.co.za
  • Jy kan ook by enige van die volgende takke van Sportsmans Warehouse inskryf: Canal Walk; Rondebosch; Seepunt; Somerset Wes; Stellenbosch en Tokai
  • Geen inskrywings kan op die dag van die wedloop of by nommer registrasie die vorige dag gedoen word nie.