Pledge-week: 27 tot 31 Mei 2019
27 Mei - 31 Mei, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
27 Mei - 31 Mei, 2019
5:00 vm - 9:00 nm
ALLES NUUT – jou bydrae maak nuutwoord moontlik!
Die Een wat op die troon sit, sê toe: “kyk mooi, Ek maak alles nuut!” (Openbaring 21:5)
Dit is die teksvers vir vanjaar se fondsinsameling, beter bekend as die Radio Tygerberg Pledge wat vanjaar afskop op Maandag 27 Mei om 05:00. Die tema vir die jaar is Alles Nuut. Die Woord is baie duidelik dat “God die blymoedige gewer lief het” (2 Kor 9:6) en daar rus ‘n groot seën op die persoon wat ander met die regte gesindheid en in afwagting help.
Reeds in die beginjare van Radio Tygerberg 104fm het die span besef dat die luisteraars eienaarskap van die radiostasie neem en inkoop in die visie om die verlossingskrag van Jesus Christus te verkondig deur middel van radio-uitsending.
Dit het vinnig duidelik geword dat die luisteraars ’n behoefte het om ’n bydrae te lewer en so te sorg dat die klankgolwe van 104FM sal voortbestaan om hierdie visie uit te dra.
“Die Evangelie is gratis, maar om dit uit te dra kos geld,” sê Lorrein Katzke, gesoute omroeper en Plegde-anker. “Ons het besluit om aan luisteraars die geleentheid te bied om finansieel by te dra sodat ons kan voortgaan met ons opdrag om die Blye Boodskap te bring aan alle mense sover ons uitsending strek.”
Volgens die algemene bestuurder, Sedrick Taljaard is Radio Tygerberg 104fm as gemeenskskapsradiostasie voortdurend bewus van die behoeftes van alle mense in die onmiddellike omgewing en stel God die stasie in staat om jaar na jaar uit te reik en verligting te bring aan armes, hoop te bring aan hopeloses en ’n stem te gee aan die wat deur die samelewing uitgewerp word.
“Die fondse wat ons tydens Pledge-week ontvang, stel ons onder meer instaat om die Almagtige God wat ons dien, te eer met kwaliteit programme, kreatiewe projekte in en vir die gemeenskap en om gebedsvriende in staat te stel om beskikbaar te wees en te help waar en wanneer nodig.”
Een van die projekte wat onlangs aangepak is, was die mooimaaksessie van ‘n gereelde luisteraar wat na ‘n beradingsessie met heelwat meer uitgestap het as waarop sy gehoop het. Talle van die uitreikaksies word nie vooraf beplan nie – soos die mooimaaksessie. Ander projekte word lank vooruit bespreek en beplan en borge word genader om dit moontlik te maak.
Indien daar egter nie genoeg fondse ingesamel word nie, sal die stasie daardie kostes dek. So is reeds verskeie leerders se skoolfonds gedek as deel van ons matriekuitreik, vervoerkostes, etes en ander uitgawes van wenners of betrokke partye word ook uit hierdie fondse gedek. Ook wanneer daar na luisteraars wat siek is, verjaar of aan ouetehuise en plekke van nood uitgereik word, dek 104FM daardie koste met fondse wat in hierdie pledge-week ingesamel word. Die onlangse uitreik na Wupperthal is een so ‘n voorbeeld asook die Kerk sonder Mure-uitreik.
Aanvanklik het die fondsinsameling klein begin, maar gou is besef dat luisteraars in afwagting is vir ons pledge-week. Daar word met groot opwinding uitgesien na ’n week van seën in bediening van die Woord op die lug van vroeg tot laat, gebedsessies en veral ook die seën van die Here wat volg op vrymoedige gawes van blymoedige gewers.
Die pledge vind slegs twee maal per jaar in Mei en Oktober plaas en sorg vir groot opwinding by die stasie. Die gereelde daaglikse uitsendings word opsy geskuif en in vier tydgleuwe is daar ’n pastoor in elke sessie saam met die aanbieder en luisteraars kry die geleentheid om bydraes te maak soos hulle gelei voel per sms, WhatsApp of telefonies. Deur die loop van die dag word luisteraars gevoed met die Woord en gebedsversoeke word veral aangemoedig.
Indien jy ‘n bydrae wil maak tot die bedieningswerk en operasionele koste van Radio Tygerberg 104fm, kan jy ‘n bydrae by:
RADIO TYGERBERG
ABSA
4048941668
632005
VERWYSING: PLEDGE
Bly op hoogte van alle projekte waarby Radio Tygerberg 104FM betrokke is die bedieningswerk deur ons op sosiale media te volg en lees daagliks ons BLOG op www.tygerberg104fm.co.za.