Pledge: Maar God…Dankie

28 Oktober - 1 November, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

28 Oktober - 1 November, 2019

Volle Dag

Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae tot #Pledge2019 gemaak het. Ons kon afsluit met die belofte van meer as R1.8m! Ook tydens ons pledge het die span ‘n #ButGod ervaring gehad toe meer as R50 000 tydens die laaste uur ingekom het!

Baie dankie.

Reeds in die beginjare van Radio Tygerberg 104fm het die span besef dat die luisteraars eienaarskap van die radiostasie neem en inkoop in die visie om die verlossingskrag van Jesus Christus te verkondig deur middel van radio-uitsending.

Dit het vinnig duidelik geword dat die luisteraars ’n behoefte het om ’n bydrae te lewer en so te sorg dat die klankgolwe van 104FM sal voortbestaan om hierdie visie uit te dra.

“Die Evangelie is gratis, maar om dit uit te dra kos geld,” sê Lorrein Katzke, gesoute omroeper en Plegde-anker. “Ons het besluit om aan luisteraars die geleentheid te bied om finansieel by te dra sodat ons kan voortgaan met ons opdrag om die Blye Boodskap te bring aan alle mense sover ons uitsending strek.”

Volgens die algemene bestuurder, Sedrick Taljaard is Radio Tygerberg 104fm as gemeenskskapsradiostasie voortdurend bewus van die behoeftes van alle mense in die onmiddellike omgewing en stel God die stasie in staat om jaar na jaar uit te reik en verligting te bring aan armes, hoop te bring aan hopeloses en ’n stem te gee aan die wat deur die samelewing uitgewerp word.

“Die fondse wat ons tydens Pledge-week ontvang, stel ons onder meer instaat om die Almagtige God wat ons dien, te eer met kwaliteit programmekreatiewe projekte in en vir die gemeenskap en om gebedsvriende in staat te stel om beskikbaar te wees en te help waar en wanneer nodig. Vir die Oktober 2019 Pledge, is die tema Maar God | But God. Daar is soveel vrees, seer, angs, bitterheid en onvergifnis en talle mense het hoop verloor en glo nie meer aan wonderwerke nie. Wanneer jou kind terminaal siek is, of jou finansies of huwelik in duie stort, wanneer jou liefling-kind in die greep van dwelms bly of siekte jou geestelik of fisies afbreek, wanneer dinge hopeloos lyk weet ons dat niks vir God onmoontlik is nie. Vir mense dalk, maar God bly in beheer. Vandaar ons tema. Radio Tygerberg het in sy 26 jaar soveel wonderwerke beleef en wil luisteraars met die tema, weer hoop en aan Sy grootheid herinner,” sê Sedrick.

Aanvanklik het die fondsinsameling klein begin, maar gou is besef dat luisteraars in afwagting is vir ons pledge-week. Daar word met groot opwinding uitgesien na ’n week van seën in bediening van die Woord op die lug van vroeg tot laat, gebedsessies en veral ook die seën van die Here wat volg op vrymoedige gawes van blymoedige gewers.

Die pledge vind slegs twee maal per jaar in Mei en Oktober plaas en sorg vir groot opwinding by die stasie. Die gereelde daaglikse uitsendings word opsy geskuif en in vier tydgleuwe is daar ’n pastoor in elke sessie saam met die aanbieder en luisteraars kry die geleentheid om bydraes te maak soos hulle gelei voel per sms, WhatsApp of telefonies. Deur die loop van die dag word luisteraars gevoed met die Woord en gebedsversoeke word veral aangemoedig.

Indien jy ‘n bydrae wil maak tot die bedieningswerk en operasionele koste van Radio Tygerberg 104fm, kan jy ‘n bydrae by:

 

RADIO TYGERBERG

ABSA

4048941668

632005

VERWYSING: PLEDGE

Bly op hoogte van alle projekte waarby Radio Tygerberg 104FM betrokke is die bedieningswerk deur ons op sosiale media te volg en lees daagliks ons BLOG op  www.tygerberg104fm.co.za