Op pad met 104fm en SPAR se #ROOIverskil
16 September - 19 September, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
16 September - 19 September, 2019
7:00 vm - 5:00 nm
Van Maandag tot Donderdag vat Radio Tygerberg 104FM se #ROOIverskil met SPAR Western Cape die pad om die hande en voete van Jesus te wees. Na verskeie voorstelle van luisteraars ontvang, gaan vier persone met ‘n SPAR-uitreik geseen word.
Skakel daagliks in om 07:40 op #Oggendrooi met Anton en Gerald wanneer hulle met die ontvangers gesels.
Dis #Dag1 van ons #ROOIverskil met SPAR Western Cape.
Esme Louw van Uitsig, Ravensmead, is ‘n ouma van ses kleinkinders wat deur haar vriendin Petronel genomineer is vir ons #ROOIverskil. Esme is na die dood van haar dogter gehospitaliseer weens beroerte. Terwyl sy in die hospitaal was, het haar tweede dogter ‘n asma-aanval gekry en gesterf. Skielik is hierdie ouma weer ‘ma’ van ses.
Die #ROOIverskil-span het haar besoek met inkopies van R2000 van Spar asook ‘n koopbewys van R3000.


Dis #Dag3 van ons #ROOIverskil met SPAR Western Cape . Die span het ‘n besonder spesiale besoek aan twee persone wat hul lewe in diens van die Here gestaan het, gemaak. Claude en Mariette van Graan is beide jare lange sendelinge onder plaaswerkers wat mekaar reeds tydens hul studentejare ontmoet het. Hierdie sendeling-egpaar het oor die jare verskeie Bybelskole aangebied en uitreikaksies gedoen.
Claude en Mariette woon tans by hul dogter en haar man en hul 10 maande oue babaseuntjie. Hul skoonseun is nou werkloos en hoewel dit finansieel moelik met hierdie huisgesin staan, twyfel Mariette geensins aan die Here se goedheid en vermoe om te voorsien nie.
Die #ROOIverskil-span het hul besoek met inkopies van R2000 van Spar asook ‘n koopbewys van R3000.
Dis #Dag 4 van die #ROOIverskil met SPAR Western Cape en ons kuier by Pauline Holman in Lavender Hill.
Hierdie enkelma (van vyf seuns en ‘n dogter!) is nou afgetree en gebruik haar pensioen om kos te koop vir haar vier kleinkinders na wie sy help omsien. Soms is die kos op reeds in die tweede week van ‘n maand!
“Pauline sê altyd dat God sal voorsien”, se Venessa Petersen wat Pauline vir die #ROOIverskil genomineer het. Pauline het ‘n groot hart en sien ook, waar sy kan, na ander mense in die gemeenskap va Lavender Hill om. Hierdie ma se leef eenvoudig – laat jou ja ja wees, en jou nee nee!
Sy het R2 000 se kruideniersware plus R3000 se SPAR geskenkbewys ontvang
#Dag5: En so kom ons #ROOIverskil-uitreik met SPAR Western Cape tot ‘n einde! Wat ‘n ongelooflike voorreg om ‘n bietjie hoop in van ons luisteraars se dag te kon wees. Ons sluit af met ‘n besoek aan Celeste van der Westhuizen. Haar ma het haar genomineer vir hierdie heerlike – en baie noodsaaklike – bederf.
Celeste spog met drie manne in haar lewe, haar seuns is onderskeidelik 4, 6 en 10 jaar oud. As enkelma is dinge nie altyd maklik nie en met die finansies gaan dit ook nie so goed. Sommige dae is daar geen krag nie en ander dae is daar skaars kos in die huis nie. Haar oudste seun kort skoene en die middelste mannetjie gaan volgende jaar ‘n skooluniform benodig. Maar Celeste bly glo. Haar raad aan ander enkelma’s is om te huil wanneer jy so voel, om te skree as dit moet maar om elke aand te bly bid en toe te laat dat ander mense jou van tyd tot tyd help.
Vandag was daar ‘n #ROOIuitkoms met SPAR wat kruideniersware ter waarde va R1400 geskenk het en ‘n koopbewys van R3600.
Luister na haar storie.