Oom Angus – running the good race (luister onderhoud en kyk video)
17 Augustus - 17 Augustus, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
17 Augustus - 17 Augustus, 2019
2:00 nm - 4:00 nm
Parow
Die Lighuis in Parow.
Webwerf:
“God is saam met jou te midde van swaarkry”. Dit was die bemoedigende woorde van die evangelis, Angus Buchan, tydens vandag se aanbiddingsgeleentheid by die Lighthouse Christian Centre in Parow. Christian Sports and Business Ministry in samewerking met Radio Tygerberg 104FM het die aanbiddingsgeleentheid gefasiliteer met die tema Fighting the Good Fight, Running the Race.
Die aanbiddingsgeleentheid het ook sportsterre, Ruhan Nel en Jean-Paul Duminy, verwelkom wat hulle getuienisse gedeel het.
Buchan kon ongelukkig, weens tegniese foute aan die vliegtuig waarmee hy sou vlieg, nie self vandag die geleentheid bywoon nie. Dit het hom egter nie gekeer om te evangeliseer nie en is daar regstreeks vanuit KwaZulu-Natal met Buchan geskakel. Buchan is op ‘n groot skerm vertoon waarvandaan hy sy predeking gedoen het.
Die gehoor is opnuut gemotiveer met die woorde van Buchan: “Tye van moedeloosheid en uitdagings bring jou nader aan God; die belangrikste te midde van die swaarkry is om te weet dat Jesus Christus binne ons lewe.”
Ons het die grootste geleentheid in die lewe [om Christus te kan ken], gaan jy dit neem? – Angus Buchan
Fotokrediet Heinphoto deur Hein Hough
Angus Buchan kom weer Kaap toe! Christian Sport and Business in samewerking met Radio Tygerberg 104fm nooi jou vir ’n byeenkoms saam met díé geliefde evangelis. Buchan gaan praat oor Fighting the good fight, running the race én sportsterre Ruhan Nel & JP Duminy gaan hul getuienisse deel.
LUISTER NA DIE ONDERHOUD MET LORREIN KATZE
Maak dis seker jy is Saterdagmiddag 17 Augustus om 14:00 by Die Lighuis in Parow.
- Deure open reeds om 13:00 en daar is veilige parkering beskikbaar.
- Bespreek jou kaartjie teen R30 per persoon aanlyn by itickets.co.za.
- Kaartjies ook te koop by Radio Tygerberg 104fm se kantore in Parow.
- Blitsbok Ruhan Nel en Protea krieketster JP Duminy gaan ook hul getuienisse by die geleentheid deel.
- Die Kaap word tans geseën met mildelike reën nadat die stad aan die begin van 2018 een van die ergste droogtes nog beleef het. Tygens die It’s Time-saamtrek in Mitchell’s Plein op 24 Maart 2018 is daar ook gebid vir die bendegeweld op die Kaapse Vlakte. Intussen is daar ‘n spesiale bende-eenheid op die Kaapse Vlakte bekend gestel en die weermag is op die Kaapse Vlakte ontplooi. Radio Tygerberg 104fm wil met die aanbied van hierdie geleentheid ook dankie sê vir hierdie deurbrake.