OB: Cape Gate Winkelsentrum 14 Junie 2019
14 Junie - 7 Julie, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
14 Junie - 7 Julie, 2019
4:00 nm - 7:00 nm
Pret vir oud en jonk!
Vakansie-pret by Cape Gate Shopping Centre. #HuisToe met Reinhard Kotze Radio het met die winkelsentrum se bemarkingsbestuurder Amanda McCarthy en Mark Wilson van Snow Productions gesels.
Maak seker jy bring jou jongklomp na die ysglybaan vir die laaste paar dae van die skoolvakansie!
#Huis Toe gaan raak YSlike lekker by Cape Gate
Radio Tygerberg kuier Vrydagmiddag 14 Junie tydens Huis Toe vanaf 16:00 tot 19:00 by Cape Gate winkelsentrum!
Kom groet ons span en bring jou kinders saam. Hulle kan heerlik op die Ice Slide glybane baljaar, aan lekker aktiwiteite deelneem, en leer oor diere uit die Ystydperk, terwyl jy in vrede inkopies doen.
En moenie bang wees jy gaan uitmis nie, volwassenes mag ook op die glybane gly. Kaartjies is beskikbaar teen R50 en R80 by Cape Gate.