Buite-uitsending op 12 April 2019 by Navaho Spur en John Dory’s

12 April - 12 April, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

12 April - 12 April, 2019

9:00 vm - 12:00 vm

#Brunch met Benescke Janse van Rensburg het vandag in Brackenfell by die Navaho Spur Steak Ranch en John Dorys Fish, Grill, Sushi. – Brackenfellgekuier.

Dankie aan elke luisteraar wat kom inloer en met ons gesels het! Ons maak binnekort weer so.

Radio Tygerberg 104fm saai graag vanaf jou besigheid, skool of geleentheid uit. Vir enige navrae, stuur gerus ‘n E-pos na sales@104fm.co.za en ons bel jou terug!

_____________________

Kom kuier op 12 April saam die Radio Tygerbergspan in Brackenfell by Navaho Spur en John Dory’s. Ons gaan ons buite-uitsendingseenheid tussen twee fantastiese gesinsrestaurante parkeer vir smaaklike kos en lekker kuier. Bring gerus die kleinspan saam vir ontbyt of middagete en geniet Navaho Spur se enorme speelarea, waar hulle onder toesig kan baljaar.

Daar sal pryse wees om te wen en spesiale aanbiedings op maaltye wat jou mond sal laat water.

Spesiale aanbiedinge by John Dory’s sluit in:

  • John Dory’s Brackenfell bied jul kinders ‘n wêreld van veilige, kindvriendelike plesier. Ons drieverdiepingspeelarea is vol verborge skatte en opwindende wendings.
  • Geniet n heerlike “High Tide” ontbyt, by John Dory’s Brackenfell vir net R29. Dit is elke oggend beskikbaar tussen 08:00 en 11:00
  • Moenie die Woensdag Sushi-promosie vergeet nie –  jou gunstelling Sushi disse, teen half prys!
  • Elke Vrydag het ons n wonderlike “Gourmet Grill” promosie. ‘n Verskeidenhied van heerlike Steaks of Ribs vir slegs R109!

Spesiale aanbiedinge by Navaho Spur sluit in:

  • Maandae is dit diebaie gewilde “Burger Monday”. Kry n oorspronklike Spur Beef, Chicken of Rib Burger vir net R55.
  • Elke Woensdagaand is daar ‘n musikant wat tussen 18:00 & 21:00 optree, en daar is ook ‘n verrassing vir elke kind wat saam met hul ouers kom kuier.
  • Kom probeer die smul lekker Ribbetjies op Donderdae-aande. Daar wag ‘n verrassing vir jou…