My ma sê altyd…#Moedersdag 2019 met Watkins Valeur
1 Mei - 9 Mei, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
1 Mei - 9 Mei, 2019
6:00 vm - 4:00 nm
Heste White van Watkins Valeur by ons wenner – Zerita Bali van Wesbank.
En so klink ons inskrywing vir ons wen-Ma!
Zerita Bali van Wesbank is beslis ‘n oggend-mens-ma wat van ‘n skoon huis en Daantjie Kat-padveiligheid hou! Sy en haar dogter Gladys Louw, wat die boodskappie ingestuur het, is verlede Vrydag heerlik bederf in die Radio Tygerberg 104fm en Watkins Valeur ‘My Ma Sê Altyd’ Moedersdagkompetisie.
Die beoordelaars het besluit dat Zerita die wenner is want ongeag hoe groot en selfstandig jou kinders is, ‘n ma bly altyd ‘n ma!
Heste White is Watkins Valeur se CEO en twee skoonheidsterapeute Juanita Pieterse en Gloria van Zanden, het verseker dat Zerita haar Moedersdagnaweek selfs mooier, meer ontspanne en nou ook effe bekender as voorheen kon ingaan!?
Zerita het ‘n heerlike geskenkpak ter waarde van R2500 van Watkins Valeur gekry wat ‘n handsak, reukwater, ‘n horlosie asook Watkins se skoonmaak en velsorgprodukte insluit. Sy het ook R500 kontant om haar Moedersdag selfs meer spesiaal te maak.
Watkins Valeur het ook vir Gladys – ‘n mamma van drie – bederf met ‘n R1000 se geskenkpak.
Loer gerus na haar heerlike dag by Radio Tygerberg 104fm!
Juanita Pieterse ( Watkins Valeur), Nicky Kinnear (Bloudruk Media), Gloria van Zanden ( Watkins Valeur) by die wen-Ma Zerita Bali en haar dogter Gladys Louw van Wesbank.
En die dag begin in studio met naels!
Ingrid Venter help ‘n bietjie.
Juanita Pieterse en Gloria van Zanden wat vir die mooimaak verantwoordelik was en grootbaas Heste White wat altyd vir groot pret tydens onderhoude sorg!
_______________________
Hierdie Moedersdag vier ons ma’s deur hul wyshede en waarhede te deel, met die Radio Tygerberg 104fm en Watkins Valeur ‘My Ma Sê Altyd’ Moedersdagkompetisie.
Stuur ‘n WhatsApp stemnota na 084 66 14 104 en vertel watter wyshede jou ma vir jou geleer het.
Begin die boodskap so:
My naam is… en my ma sê altyd…
Ons gaan die beste boodskappe op lug speel met die aanloop na Moedersdag. As jou boodskap wen, gee ons vir jou ma ‘n onvergeetlike Moedersdagprys!
Dit sluit in:
Geskenkbewyse, ‘n pamperlangsessie, ‘n heerlike uiteet-ervaring, en ‘n kuier in die ateljee.
Waarvoor wag jy? Stuur nou jou WhatsApp stemnota!