DesemberDesember

MercyMe uitgestel na Februarie 2021

14 April - 20 Februarie, 2021

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

14 April - 20 Februarie, 2021

Volle Dag

Radio Tygerberg 104FM en 104Concerts het aangekondig dat die toer van die internasionale Amerikaanse Gospelgroep MercyMe, wat op 29 April 2020 tot 2 Mei 2020 in Suid-Afrika sou toer, noodgedwonge uitgestel word na 16 tot 20 Februarie 2021.

Ons leef in die mees uitdagende tye in die moderne era en baie mense word verontrief deur verandering.  Dit bring egter ook die geleentheid waar ons, as liggaam van Christus, karakter kan wys, mekaar bemoedig en ondersteun en planne maak oor hoe om die krisis te oorwin.  Met die streng inperking maatreëls in die VSA, het die bestuur van MercyMe dus geen keuse gehad as om aan te beveel dat die toer uitgestel word nie.  In Suid-Afrika is die gesondheid van konsertgangers en luisteraars van Radio Tygerberg104FM en 104Concerts ook hul hoof prioriteit“, sê Hardus Zevenster.

Zevenster, die uitvoerende hoof van Radio Tygerberg 104FM en 104Concerts,  verseker almal wat reeds kaartjies gekoop het, dat dit steeds geldig sal wees vir die opkomende MercyMe Suid-Afrikaanse toer.   Volgens T’s en V’s kan geen terugbetaling van konsertkaartjies egter gedoen word nie. (Sien onder)

Zevenster beloof ook dat die opkomende MercyMe Suid-Afrikaanse toer van 16 tot 20 Februarie 2021 ‘n fenomenale gebeurtenis sal wees!

Hardus Zevenster sê “Die COVID-19 pandemie is ‘n baie ernstige situasie en kan nie ligtelik opgeneem word nie. Dit is ‘n kans om as nasie en wêreld saam te staan, mekaar te help en te bemoedig in die moeilike tyd.  Dit is nou baie belangrik om weldeurdagte en verantwoordelike besluite tot voordeel van almal in Suid-Afrika en die wêreld te neem.” 

Tygerberg 104FM en 104Concerts bid vir veiligheid oor alle landsburgers en maan elkeen om persoonlik verantwoordelikheid te neem sodat ons almal hierdie uitdaging so gou en sterk as moontlik te bowe kan kom.

Radio Tygerberg 104FM bedank almal vir hulle begrip en geduld.

 

GEREELDE VRAE:

Kan ek my geld terug kry?

Ongelukkig nie, sien aangeheg die Bepalings & Voorwaardes van iTickets.

iTickets – MercyMe Online TCs

Kan ek my kaartjies aan iemand anders verkoop?

Ja.

Behou en my huidige sitplekke?

Ja, daar sal nader aan die tyd nuwe kaartjies aan elkeen uitgereik word.

Watter dae is dit in watter stad en wat is dit in dieselfde venue?

Hierdie sal so spoedig moontlik bevestig en gekommunikeer word, 104Concerts wag vir finale bevestiging van slegs een lokaal. Hou ons blad asook 104Concerts dop vir meer inligting.

Vir enige verdere navra, stuur gerus ‘n e-pos na concerts@104fm.co.za.