Winter nou warmer met smaaklike sop en 104fm
10 Junie - 21 Junie, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
10 Junie - 21 Junie, 2019
6:00 vm - 10:00 nm
WINTERWARM-SOPPROJEK
‘n Enkele grou grys wintersdag in die Kaap herinner ons hoe baie ‘n bord warm kos vir mens beteken. Vandag kon vier onderskeie sopkombuise ‘n wye reeks produkte ontvang wat hulle in staat stel om etes vir minderbevoorregtes voor te berei.
Dankie aan elke luisteraar wat van hierdie projek ‘n sukses gemaak het!
______________________
Maak iemand anders se winter hierdie jaar ’n bietjie warmer met Radio Tygerberg 104FM se Warmwinter-sopprojek.
Het jy ekstra bone, stampmielies, droë-sopmengsel of enige niebederfbare sopproduktewat jy graag vir hierdie doel wil skenk?
Bring jou bydra na Radio Tygerberg 104FM se kantore of bring dit komende Vrydag, 14 Junie, tussen 16:00-19:00 na ons buite-uitsending vanaf Cape Gate Winkelsentrum tydens HuisToe met Reinhard Kotze.
Dit is vir ons Warmwinter-sopprojek waartydens ons minstens vier sopkombuise in ons uitsaaigebied wil seën.
Elke boontjie help! 🙂