Live read: Lof-en aanbidding
26 Mei - 28 Mei, 2020
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
26 Mei - 28 Mei, 2020
12:00 nm - 8:00 nm
Kontak Nommer:
+27 87 250 0528
Kontak Persoon:
Karien Basson, Skakelbeampte
Kontak Epos:
Webwerf:
Daar is nog min dinge in die lewe wat gratis is…wat van ’n GRATIS lof-en aanbiddingsgeleentheid?
As deel van ons pledgeweek wil Radio Tygerberg104FM ook iets aan jou, ons getroue luisteraar, teruggee.
Op 26 en 28 Mei om 19:00 kan jy deel wees van ‘n baie spesiale Lof- & Aanbiddingsgeleentheid saam met Rouchelle Liedemann en Neville D (Dinsdag) en Henry Pike, Almarie du Preez en Warren Elliot (Donderdag).
Dis baie maklik. Skep vir jou ’n gratis profiel op TruthTV.com en kyk Lof- & Aanbiddingssessie om 19:00 en skakel daarna in op die Aandboodskap om 19:30 op Radio Tygerberg104FM. Alles GRATIS!!
‘Al sou die vyeboom nie bot nie, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.
Wees deel van die besonderse Lof- & Aanbiddingsessie saam met Radio Tygerberg104FM-span EKSKLUSIEF op TRUTHTV.com