Langtafel met ROMANZ

5 April - 5 April, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

5 April - 5 April, 2019

6:30 nm - 11:30 nm

Paarl

Vendome Wine Estate, Arboretum Inrit Paarl, Western Cape 7620

Kontak Nommer:

086 1000 291

Kontak Persoon:

iTickets

Wat ‘n heerlike aand ten bate van 2nd Harvest! Radio Tygerberg 104fm se span was op sy pos. By die Optog-banier was Janlie Kruger, Rikus van Rooy, Lorrein Katzke, Natasha Louw, Eunice Stolz en Sedrick Taljaart.

_______

2nd Harvest in association with Kyknet and Radio Tygerberg 104fm will be hosting a Long Table Event at Bon Louis Family Bistro on 5 April 2019.

Award-winning South African pop/opera vocal quartet, ROMANZ, will be performing for the last time at this Gala event, so be sure not to miss out!

All proceeds will be put towards our 2nd Harvest Feeding Scheme. Read more about the story behind 2nd Harvest.

Tickets are available at itickets.co.za.

5 April 2019
Romanz
Met Adam Barnard, Burgerd Botha, Louis Loock en André Venter.

Romanz, een van die mees bekroonde mansgroepe ooit om Suid-Afrikaanse verhoë te betree.   Ons stop gráág om die bekoorlike manne op te laai!   Hulle is terug vir ‘n reeks van 6 reünie-konserte, spesiaal vir OPTOG!

Vir hierdie spesiale aanbieding kombineer ons klank, smaak en samesyn

onder die sterre-hemel wanneer jy kom aansit aan ons langtafel vir ‘n onvergeetlike aand!

Op die spyskaart is drankies by aankoms, terwyl voorgereg sal bestaan uit ‘n verskeidenheid van brood, smaaklike smere en kase.   Die hoofgereg is Mediterreense lamskenkel bedien op ‘n warm couscous-slaai en gegeur met suurlemoen, roosmaryn, knoffel en so ‘n klein bietjie chilli.   Sjokolade is die ster wanneer nagereg aan die beurt kom.   Sjokolade truffels, brownies en fudge!   En dan is daar Barista en Gelato stasies vir diegene wat nog ‘n bietjie wil oorgee aan die lekkerkry!

Die manne van Romanz sal sorg vir die res.   Jy sal op ‘n nostalgiese reis geneem word met van hulle grootste treffers en kan uitsien na gunstelinge soos Houtkruis, My hele hart en Solitaire.

Trots OPTOG!

Ten bate van 2nd Harvest Feeding Project (NPC).

 


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance

 


.