Paasfeesprojek: Laat Sy lig skyn (kyk, luister, doen en deel)
8 April - 12 April, 2020
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

Radio Tygerberg 104FM nooi jou uit om saam met jou gesin die vreugde van Paasfees vandag reeds te begin vier. Meer as 2000 jaar gelede het Jesus aan die kruis gesterf maar opgestaan! Die graf is leeg want Hy leef!
Deur Sy dood, kan ons nou ‘n nuwe lewe begin. Ons lyne was gekruis, deurmekaar en morsig maar deur Sy groot genade reggetrek deur Sy kruisdood en kan ons nou saam met Hom na die Groot Ligbron beweeg en toelaat dat Sy lig deur ons ander in die donkerte kan verlig.
Kom ons laat SY Lig toe om ons donkerte, vrees en angs veral in hierdie tyd van inperking te laat verdwyn. God is soveel groter as ‘n enige vrees en ons kan en moet in en met daardie wete leef.




Voorbeelde via FaceBook:
Tydens Paasnaweek maak die splinternuwe Christelike gesinsplatform, TruthTV ook die volgende films en programme heeltemal GRATIS op sy platform beskikbaar (van Vrydag tot Sondag 23:59). Maak seker jy besoek TruthTV vir hierdie wonderlike aanbod.
Wat glo jy? (twee episodes)
Superbook (twee episodes)
Lees ook in hierdie tyd pragtige Paasgebede deur ons bekende skrywer en nuushoof @Elize Parker vir inspirasie en hoop. Deel die boodskap ver en wyd.