DesemberDesember

Kry 104/104 vir jou gesondheid met B-well

15 Oktober - 16 Oktober, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

15 Oktober - 16 Oktober, 2019

10:00 vm - 4:00 nm

Parow

Fairfield- en Williamstrate in Parow

Meer as 400 luisteraars het van die geleentheid gebruik gemaak om tydens ons jaarlikse 104fm Gesond gratis toetse vir suiker, bloeddruk en cholesterol kom doen terwyl die Wes-Kaapse Bloeddienste luisteraars se bloedgroe bepaal het. KANSA gaan borskanker ondersoeke doen en ook ‘n beperkdte hoeveelheid PSA vingerpriktoetse vir prostaatkanker.

Die dag is moontlik gemaak deur B-Well.

 

As daar nou een toets is waar jy beslis volpunte wil hê is dit vir 104Gesond met B-Well. Radio Tygerberg 104fm wil seker maak jy kry volpunte en is 104% gesond!

Op 15 en 16 Oktober kan jy tussen 10:00 en 16:00 gebruik maak van die gratis gesondheidsdienste by ons gebou op die hoek van Fairfield- en Williamstrate in Parow.

Melomed en PathCare gaan jou suiker, bloeddruk en cholesterol toets terwyl die Wes-Kaapse Bloeddienste jou bloedgroep vir jou kan bepaal.

KANSA gaan borskanker ondersoeke doen en ook ‘n beperkdte hoeveelheid PSA vingerpriktoetse vir prostaatkanker.

Radio Tygerberg 104fm se 104 Gesond-veldtog word moontlik gemaak deur B-Well.