SeptemberSeptember

LoveCapeTownCityFest – Familiefees soos min!

16 November - 16 November, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

16 November - 16 November, 2019

9:00 vm - 7:00 nm

Westridge Gardens in Mitchell’s Plein

Kontak Nommer:

Theuns Pauw (071 678 5286)

Kontak Persoon:

Anton Myburgh (082 872 8591)

Wat ‘n dag! Selfs die wind kon nie die gees van die skare in Michell’s Plein tydens die #LoveCapeTownCityFest blus nie. Hierdie gratis familiefees het iets vir almal gehad. Op die musiekfront was @DJ Eazy verantwoordelik om die regte atmosfeer te skep en verskeie sangers soos @Dr Tumi, @Heinz Winckler, @Loyiso Bala, @Rouchelle Liedemann en @Euclid Jacobs het opgetree. @JP Duminy en die evangelis @Andrew Palau het tydens die geleentheid die Woord bedien en premier @Alan Winde het kom inloer.
Meer as 700 kerke en bedienings waaronder @Radio Tygerberg 104fm, @ccfm en @Juig! in Kaapstad was betrokke by die #LoveCapeTownCityFest wat in samewerking met @African Enterprise (AE) en die @Luis Palau Association (LPA) aangebied is.
Foto’s deur: #104fm, #LoveCapeTownCityFest en Heinz Winckler

 

Love Cape Town CityFest

Op 16 November is die boodskap vir Kaapstad eenvoudig: Staan saam en vier fees vir Jesus Christus!
Die langverwagte Love Cape Town CityFest het uiteindelik aangebreek. Hierdie GRATIS familiefees is vir alle Kapenaars en vind by die Westridge Gardens in Mitchell’s Plein plaas. Vanaf 09:00 skop die fees amptelik af met KidsGames en net na middag is daar verskeie stunts wat die evangelie op ‘n unieke manier aan besoekers gaan oordra. Op die musiekfront is DJ Eazy verantwoordelik om die regte atmosfeer te skep en verskeie  sangers soos  Dr Tumi, Heinz Winckler, Loyiso Bala, Rouchelle Liedemann, Euclid Jacobs en vele meer gaan optree. JP Duminy en die evangelis  Andrew Palau gaan tydens die geleentheid die Woord bedien.
Meer as 700 kerke en bedienings in Kaapstad is betrokke by die Love Cape Town City Fest wat in samewerking met  African Enterprise (AE) en die Luis Palau Association(LPA) aangebied word.
Die visie is om vanaf 2 tot 16 November verskeie geleenthede te skep in die stad vir Woordbediening, uitreik en om dissipels vir Jesus te maak.
Dit vind alles plaas deur verskeie uiteenlopende uitreikaksies wat die geleentheid skep vir Chirstene om die Lewende Woord met hul gesinne, vriende, kollegas en familie op ‘n maklik toeganklike manier te deel.
Indien jy of jou kerk betrokke wil raak as vrywilligers, stuur ‘n e-pos aan info@lovecapetown.org.