DesemberDesember

Kom piekniek met 104fm en Roan Ash

8 November - 8 November, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

8 November - 8 November, 2019

6:00 nm - 10:00 nm

 

Op 8 November kan jy jouself regmaak vir ‘n aand van gesinsvermaak uit die boonste rakke – en alles tot eer van die Here!

Roan Ash gaan sing, gesinne en vriende kan ‘n heerlike piekniek by die  Stone Shed op Vrymansfontein geniet terwyl die son oor Kaapstad sak.  Die plaas is slegs 11km buite Durbanville op die Adderley pad.  Hekke maak oop 18:00  vir ‘n piekniek en kuier. Daar sal ook verskeie liggies te koop aangebied word vir die kinders om die aand se lofprysing selfs meer spesiaal te maak.

Die saam sing en vertoning skop af 19:30.  Almal is welkom om hulle eie piekniekmandjie saam te bring. Bring ook eie piekniekkombers of stoele saam.  Water en koffie deur die Baristas van Wiara koffie sal te koop aangebied word.

Early Bird special tot 8 Oktober @  R95pp vir volwassenes en R45 vir kinders tussen 3 en 13, daarna R120pp vir volwassenes en R50 vir kinders tussen 3 en 13jaar.  Twee jaar en jonger kan gratis die geleentheid bywoon. Kaartjies beskikbaar by Computicket.

Kontak gerus vir Monica Coetzee indien u verdere inligting verlang. monica@friendofgod.co.za / 082 898 1063