OktoberOktober

Kleurvolle spanbou maak ‘n #ROOIverskil

11 September - 12 September, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

11 September - 12 September, 2019

9:00 vm - 5:00 nm

Perdeberg Landgoed Vryguns Farm, Windmeul, Paarl, 7630 Latitude: S 33° 39′ 30.00″ (-33.658333) Longitude: E 18° 49′ 37.00″ (18.826944)

Kontak Nommer:

Tel: +27 (21) 869 8244 Fax: +27 (21) 869 8245

 

 

As deel van @Radio Tygerberg 104FM se #ROOIverskil, kry die personeel ook hierdie maand baie noodsaaklike maar prettige opleiding by Lynette Beer – Seeds of Inspiration. Almal se persoonlikhede verskil en die span het vooraf reeds hul kleure bepaal en hierdie sessie het beklemtoon dat jy slegs ander mense en spanllede regtig kan verstaan wanneer elkeen se unieke kleur in jou lewe verwelkom. Die kleure is
 Gewilde Geel hou van aandag en is optimisties en gewild
 Rasende #ROOI smag na beheer en is ’n doener
Besliste Blou streef na perfeksie en raak gou pessimisties
 Geruste Groen wil die vrede bewaar en is kalm en bedaard

Elke mens en leier het ‘n spesifieke bestuurstyl en hierdie sessies help personeel om te besef hoe elkeen ‘n rol in Christus se liggaam het om sodoende sonder vrees te lei met jou natuurlike persoonlikheidstipe en styl. Gelukkige personeel wat mekaar verstaan en ander se sterkpunte uitlig, is gelukkige werknemers.

Getroude personeel het ook die geleentheid gekry om ‘n huwelikswerkwinkel met hul eggenote by te woon en is bederf met Lynette se baie gewilde boek Lewe in volkleur.

Want hoewel ons ‘n #ROOIverskil wil maak, besef ons ‘n kleurvolle span maak die eindproduk net soveel mooier!

Lees ook Elize Parker se ervaring van die dag.