#KleinSaterdag saam met Elim Nagskuiling
21 Augustus - 21 Augustus, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind
BESONDERHEDE
21 Augustus - 21 Augustus, 2019
9:00 vm - 12:00 nm
Webwerf:
Hoe herstel mens sommer so van ‘n #KleinSaterdagwaar mens opnuut aan die Here se wonderdade herinner word? Vanoggend het Radio Tygerberg 104FM die voorreg gehad om by Elim Night Shelteruit te saai. Die nagskuiling is nie net ‘n oornagplek nie, maar ‘n huis vir baie.
Vanoggend is ons weer herinner aan die Here se oneindige genade en hoe hy ons gebruik, selfs in ons gebrokenheid, om sy Koninkryk te bou.
Lees meer oor die Elimsprokie wat waar geword het.
Elim Nagskuiling
Die skuiling streef om te wees presies wat sy naam sê, Elim – ‘n oase. Die Elim Nagskuiling is ‘n Christelikgebaseerde sentrum vir haweloses en is sedert 1997 in Elsiesrivier werksaam. Die skuiling bied nie net ‘n dak onder om te slaap nie maar fokus ook daarop om elke inwoner op ‘n fisiese-, emosionele- en geestelike vlak te versterk. Daar word individueel na elke inwoner omgesien. In sommige gevalle is dit selfs ‘n voormalige behoeftige wat nuwelinge verwelkom en ondersteun. Die Elim Nagskuiling maak op ‘n volhoubare wyse ‘n impak op die lewens van veral haweloses.
Radio Tygerberg 104fm kuier op Woensdag 21 Augustus by die Elim Nagskuiling as deel van ons #KleinSaterdag-uitreik.Die Elim Nagskuiling is deel van die Tygerberg 104FM-Netwerk, jy kan ook wees, registreer. Vir meer besoek ons NETWERK-skakel bo aan die blad.