KleinSaterdag met RAM en Oggendrooi
14 Augustus - 14 Augustus, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
14 Augustus - 14 Augustus, 2019
6:00 vm - 9:00 vm
Dit was weer eens prettig, en effens pottig met vandag se #KleinSaterdag-inisiatief saam met RAM. Daar is met Carol Bruton, stigterslid van RAM gesels. Mariana Engelbrecht van Mindfield Designs en Tino van der Merwe, van Imagine Cruising het gedeel hoekom hulle as kommersiële besighede by nie-winsgewende organisasies soos RAM betrokke is. Twee vrywilligers van RAM, Amanda Callaghan & Benita de Gouveia, het ook kom vertel wat hulle rol by RAM is.
Intussen het die manne van Oggendrooi pens en pooitjies in die reuse kospotte van RAM geklim tot groot vermaak van almal. Hierdie is – nadat dit skoongewas is natuurlik!- die potte wat Carol en haar span gebruik om kos te maak vir die persone wat hul help.
Lees meer oor RAM op ons jongste blog-inskrywing.
RAM is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie is daarop gerig om die lewensomstandighede van jongmense, bejaardes, enkelouers, plaasskole en straatkinders te verbeter. Met hulle hoofkantore in Thornton, Kaapstad, fasiliteer hulle projekte soos die verskaffing van lae koste behuising aan enkelouers en oumas wat na kleinkinders kyk. RAM kon onder meer reeds vier huise oprig vir persone in nood. Wanneer die geleentheid homself voordoen is hulle sekondêre mandaat om skuilings aan diere te verskaf. Besoek RAM by www.ram1.co.za.
RAM is deel van die Tygerberg 104FM-Netwerk, jy kan ook wees, registreer. Vir meer besoek ons NETWERK-skakel bo aan die blad.