KleinSaterdag met Forward Fund Trust
13 Maart - 13 Maart, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
13 Maart - 13 Maart, 2019
Volle Dag
The Arabella Golf Course, Kleinmond
Brunch met ‘n uitsig!
Vandag besoek ons tydens #KleinSaterdag die Forward Fund Trust se gholfdag op die pragtige Arabella Gholfbaan in Kleinmond. Die span wat Radio Tygerberg 104fm verteenwoordig is aanbieder van Nuwe More se Gerald Petersen, Huis Toe se Reinhard Kotze, Algemene bestuurder Sedrick Taljaard en Rekenaar guru, Chris Heunis. Benescke Janse van Rensburg saai regstreeks vanaf daar Brunch met…uit.
Met die #KleinSaterdag-projek, besoek 104fm met ‘n buite-uitsending ‘n organisasie op ‘n Woensdag (vandaar die naam Klein Saterdag) en saai een van die dagomroepers vandaar sy of haar skof uit. Daar is altyd ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie (NGO) wat voordeel trek uit die uitsending. Die radiostasie #POPin en raak deel van wat die dag by die onderskeie NGO’s se geleenthede, funksies of fondswerwingsinisiatiewe gebeur en help die organisasie deur blootstelling te gee – op lug maar ook op sosiale media en deur ‘n video wat deur die filmstudente van Forward Fund Akademie gemaak word.
Die Forward Fund Trust administreer die proses namens Radio Tygerberg 104fm en verseker dat die NGO’s wat besoek word, aan die nodige wetlike vereises voldoen as deel as deel van hul verbintenis om nie-winsgewende organisasies te help met fondswerwing, blootstelling en goeie sakepraktyk. Die projek is ook deel van vaardigheidsontwikkeling wat aan B-BBEE vereistes voldoen.