#KleinSaterdag in Wupperthal – Terug skool toe
12 Junie - 12 Junie, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
12 Junie - 12 Junie, 2019
9:00 vm - 12:00 vm
Wat maak 280km voel soos net om die draai? Wupperthal natuurlik! Vandag was weereens ‘n dag waar personeellede van Radio Tygerberg 104FM en Roeptv.com heeldag kinderglimlagte kon ervaar. Vandag se opgewondenheid onder die kinders – ook die onderwysers – van Wupperthal Primêr was sigbaar en ‘n oomblik om te koester.
Gerald Petersen het ‘n visie gehad; om, nadat die 2018-brand sowat 49 huise in Wupperthal vernietig het, foto’s van inwoners en kinders te neem, te laat druk en te raam.
Danksy die visie en verskeie rolspelers se betrokkenheid, kon meer as 200 leerders vandag vir die Junie-skolevakansie huis toe gaan – met hulle eie foto’s!