DesemberDesember

KleinSaterdag by Hannah’s Place of Safety

12 Februarie - 12 Februarie, 2020

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

12 Februarie - 12 Februarie, 2020

9:00 vm - 12:00 nm

“Wat ‘n ervaring en voorreg. Dit is passie in werking”, so sê Radio Tygerberg se Helena de Lange. “In my 15 jaar by die stasie was hierdie een van die uitstaanprojekte,” sê sy. Die span van 104fm het vandag as deel van KleinSaterdag Hannah’s Place of Safety besoek tydens Brunch van 09:00 tot 12:00.

Die kleintjies daar kry baie liefde. Die span is passievol en het hope empatie vir die babas. Wat ook opvallend was is hoe skoon die fasiliteite was – jy kon amper van die vloer eet. Hier is een baba was vanaf sy sesde dag op aarde al hier is. Hannah’s Place of Safety is ‘n lewensnoodsaaklike tuiste, maar die babas bly slegs vir drie, tot maksimum ses maande hier. Dan word hul in pleegsorg geplaas of gaan terug na die ouerhuis. Dit is nie altyd die ideaal nie aangesien veral middelafhanklikheid by ouers ‘n groot uitdaging is. Terwyl die kinders egter in die sorg van Hannah’s Place of Safety is, word hul soos supersterre en engele behandig en op die hande en in die hart van die toegewyde personeel gedra.

Indien jy ‘n belangstel om ‘n pleegouer te word of as vrywilliger uit te help, kontak hul gerus.

 

 

 

 

Tydens ons 2020 KleinSaterdae besoek ons span lede van ons 104fm NetWERK.  Hannah’s Place of Safety bied ‘n plek van veiligheid vir baba’s  (0 tot 1 jaar) wat geen heenkome het nie. Hulle help pleegouers  asook met die aannemingsproses en sorg dat elke kind veilig is en ‘n hoop vir ‘n toekoms kan hê.

Maak seker jy is ingeskakel. Indien jy enige hulp nodig het of as vrywilliger betrokke wil raak kan jy Janine bel of E-pos by +27660737233  E-pos janinefabe@mweb.co.za.

MAAK SEKER JOU NIE-WINSGEWENDE ORGANISASIE IS DEEL VAN DIE 104FM NETWERK.