#KleinSaterdag by die Rooikruis Kinderhospitaal (video)

10 April - 10 April, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

10 April - 10 April, 2019

9:00 vm - 12:00 vm

Radio Tygerberg 104FM het vandag #KleinSaterdag by die Rooikruis Kinderhopsitaal ( Red Cross War Memorial Children’s Hospital) gevier. Die Kinderhospitaal se radiostasie, RX Radio SA, het kom inloer, terwyl daar ook met dokters en kenners gesels is.
Leerlinge van ForwardFund Trust asook die personeel van Radio Tygerberg104fm en Roeptv.com kon ook die Paasverhaal danksy Bible Art aan kinders uitdeel. Kyk hier na die onderhoud en video wat die studente van Forward Fund Academy gemaak het as deel van hul praktiese opleiding.

_____

Radio Tygerberg 104FM #POPin by die Rooikruis Kinderhopsitaal ( Red Cross War Memorial Children’s Hospital) hierdie Woensdag tydens #Brunchmet Benescke tussen 09:00 – 12:00. Die Kinderhospitaal se eie radiostasie, RX Radio SA, gaan ook kom #INpop en wys hoe die kleinspan radio laat gebeur! Personeel sal ook bederf word met Ella Coffee terwyl die kinderpasiente elkeen ‘n pragtig geillustreerde Paasverhaal van Bible Art sal ontvang. Dis #KleinSaterdag met Radio Tygerberg104fm en Roeptv.com.