#KleinSaterdag by die opening van die Inceba Swangerskap Hulpsentrum (video)
18 September - 18 September, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
18 September - 18 September, 2019
9:00 vm - 12:00 nm
Bellville
9 Quarry Street (circle), Bellville
Kontak Nommer:
083 350 4917
Kontak Epos:
104fm maak ‘n #ROOIverskil by Karl Bremer Hospitaal
As deel van die voorlaaste uitreik in September van ons #ROOIverskil-maand kon die span nuwe mamma’s by die Karl Bremer Hospitaal gaan verras met ‘n geskenkpakkie van die gemeenskapsorganisasie Inceba Projects wat onlangs hul nuwe Swangerskap Hulpsentrum in Bellville geopen het (lees meer onder).
Die sakke bevat doeke, klere en items wat die ma’s in die eerste paar weke van die kleinding se lewe kan gebruik. Dit was ook deel van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid se bewusmaking van die #Eerste1000Dae-veldtog. Hierdie eerste 1000 dae is baie belangrik om ‘n gesonde fondament vir die res van die kind se lewe te vestig.
“Ons wil goeie verhoudings tussen ma’s en babas help vestig. Dit is baie belangrik dat mammas ook na hulself kyk – na hul gesondheid, maar ook emosionele welstand. Indien jy hartseer of bedruk voel, of besef dat jy nie al die aanpassings kan hanteer nie, kry asseblief hulp by jou naaste kliniek.” Dis die raad van Senior Suster Anri van Rooyens wat aan die hoof van die swangerskap eenheid by Karl Bremer staan.
Die span van Radio Tygerberg 104fm het bestaan uit Sedrick Taljaard – algemene bestuurder, Helena de Lange – promosiekoördineerder en Minda Groenewald – ontvangs en berading.
_____________
Die span van Radio Tygergberg 104fm by die #BabySaver tydens die uitsending met die sakke wat by die Karel Bremer Hospitaal uitgedeel gaan word aan nuwe mammas.
Van bo, kloksgewys: Nicolette Jantjies van die sentrum is diep in gesprek met Rikus van Rooy van 104fm. Sy het gesels oor die berading wat vir mammas wat ‘n aborsie ondergaan het gegee word.
Johan Pretorius aan die woord.
Maret Lesch van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid het oor die belangrikheid van die eerste 1000 dae gesels en 10 geskenkpakkies aan die stasie oorhandig. Hier is sy by Rikus en Eloise Pretorius van Inceba Projects.
Melanie Luus het oor die swangerskapsentrum gesels en wat die herstelprogram behels.
Erick en Lynette Lehmkuhl het ook ‘n beurt agter die mikrofoon gekry en gesels oor die tweedehandse klerewinkel by die hulpsentrum.
Die Inceba Swangerskap Hulpsentrum in Bellville is nou amptelik oop! Radio Tygerberg 104FM het vandag tydens #KleinSaterdag vanaf die hulpsentrum van Inceba Projects NPC uitgesaai.
Die Hulpsentrum bied swangerskap advies asook verskeie ander ontwikkellingsprogramme, gratis swangerskapstoetse en raad en leiding ten opsigte van aborsies en aannemings.
Deur die Inceba Saving Babies-inisiatief, gaan Radio Tygerberg 104FM as deel van die #ROOIVerskil dan ook Donderdag geskenkpakke by die Karl Bremer Hospital se #kraamafdeling uitdeel vir nuwe ma’s om die belangrikheid van die baba se eerste 1000 dae te beklemtoon.
Ons kuier hierdie #KleinSaterdag by Inceba Saving Babies, ‘n projek van die gemeenskapsorganisasie Inceba Projects. Tydens ons besoek word die nuwe Inceba Swangerskap Hulpsentrum amptelik geopen!
Die Hulpsentrum bied swangerskap advies, voor- en na geboorteklasse, raad en steun vir die herstel na ‘n aborsie asook ontwikkelingsprogramme aan. Vroue wat ‘n aborsie oorweeg word ook ingelig oor alternatiewe oplossings. Hul doen gratis swangerskapstoetse en help met aannemings ook.
Inceba Saving Babies-projek is een van die eerste in Suid-Afrika en bied ‘n tweede kans vir weggooibabas.
By die Incebahuis, wat oorkant Nobel Park in Bellville is, is daar ‘n “Baby Saver” geïnstalleer waar ‘n mamma nie meer na haar kleinding wil of kan kyk nie, haar babatjie kan gaan sit. Dit is ‘n veilige en skoon opsie vir ma en baba.
Maret Lesch, ‘n verteenwoordiger van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid sal ook gesels oor die belangrikheid van die eerste 1000 dae in die lewe van ‘n baba.
Weggooibabas kry nou ‘n tweede kans en mammas weet dat hul kleinding veilig sal wees wanneer hul die baba hier los. Wanneer die kleinding in die “Baby Saver” geplaas word, kry iemand binne 10-15min daardie baba uit die boks waarna die kleintjie die nodige sorg sal ontvang.
Hierdie is ‘n baie traumatiese gebeurtenis vir almal betrokke en die Inceba maak hierdie proses meer hanteerbaar te maak sodat die pad na herstel kan begin.
Daar is ook ‘n tweedehande klerewinkel wat sal oop wees.
Kom maak ‘n draai of skakel op 104fm in. Loer gerus na die video van Inceba Projects wat verduidelik hoe die “Baby Saver” werk.