DesemberDesember

Kerk Sonder Mure

20 Oktober - 20 Oktober, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

20 Oktober - 20 Oktober, 2019

2:00 nm - 4:00 nm

Spine Road Sekondêr skoolsaal MitchellsPlain

Radio Tygerberg 104FM het weer ‘n draai gaan maak by die Flower of Cape Town – Mitchell’s Plein met die Kerk Sonder mure-span. En wat ‘n geseënde geleentheid was dit nie! Alles van die sang onder leiding van Henry Pike en Warren Elliot en die Woordbediening deur Peter Kotze was besonder geseënde. Die hoogtepunt was egter die reuse opkoms en versoek vir gebed.

Gebed bly die hoeksteen van alles wat Radio Tygerberg 104fm aanpak en om te beleef hoe broers en susters in Christus ‘n dringende behoefte vir gebed het, was ongelooflik.

Ons sien saam met ons familie in Christus uit om te sien hoe Mitchell’s Plein gaan begin blom!

Die volgende geleentheid is op 19 November 2019 – LoveCapeTownCityFest. Moet dit nie misloop nie!

  

Op Sondag 20 Oktober is Radio Tygerberg 104fm terug in Mitchell’s Plein met die Kerk Sonder mure-span.

Die geleentheid begin om 14:00 en word in die Spine Road Sekondêr skoolsaal aangehou.

Henry Pike gaan weer die Woord bedien met Peter Kotze en Warren Elliot. Oggendrooi se Anton Brink en Gerald Petersen is seremoniemeesters en gaan hul nuwe lied, HOOP sing..