MaartMaart

It’s Time PTA: ‘n keuse

26 Oktober - 26 Oktober, 2018

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

26 Oktober - 26 Oktober, 2018

Volle Dag

Kontak Nommer:

0861 104 104

Kontak Persoon:

Jean of Minda

Sedrick Taljaard beskryf sy reis na It’s Time Pretoria

Op Saterdag 27 Oktober 2018 in Pretoria het ek die geleentheid gehad om die derde It’s Time geleentheid by te woon. Ek was ook bevoorreg om teenwoordig te wees by die eerste It’s Time op 21 April 2017 in Bloemfontein, asook die It’s Time Kaapstad byeenkoms in Mitchell’s Plein op 24 Maart vanjaar. Ek ook in November 2016 die geskiedkundige gebedsaamtrek in die FNB Stadion buite Soweto bygewoon, en op 24 November 2018 saam met 250 Christen gemeenskapsleiers, politici en sakelui in die Parlement in Kaapstad gebid.

Hierdie keer beleef ek It’s Time Pretoria as ‘n Berg Karmel oomblik met ‘n dringende en besliste keuse wat gemaak moet word.

“Wanneer gaan julle besluit vir wie julle wil dien? As die Here die ware God is, volg Hom. Maar as julle Baäl as julle god wil dien, doen dit dan. Maak net vandag ’n keuse.”

1 Konings 18:21 DB

Dit was nodig dat ons soos in die Bybelse tyd as God se volk bymekaar geroep is by die Rhino Park Vliegveld by Pretoria Oos om te bid en die Here te vra om “op so ‘n manier te antwoord dat hierdie volk (ons land Suid-Afrika) sal besef U is die ware God en dat hulle (alle Suid-Afrikaners) na U moet terugkeer” (1 Konings 18:37 Die Boodskap).

Na die geleentheid gesels ek op die Radio Tygerberg 104fm Bus  met een van ons luisteraars wat nie wil huis toe gaan nie, maar eerder wil terug draai Pretoria toe, omdat hy daar God se vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar het, anders as by sy eie huis.

En ek besef daar dat ons almal wat ‘n baie spesiale geesvervulde pelgrimstog en dag beleef het, moet terugkeer na die “harde werklikheid” van ons daaglikse bestaan op aarde te midde van uitdagende lewens omstandighede.

Deur die krag van Sy Heilige Gees kan ons  egter ‘n  daadwerklike verskil in daardie omstandighede maak. God wil ons juis in daardie omstandighede, waar ons ookal is, gebruik om lig te wees vir die wêreld en sout vir die aarde.