DesemberDesember

Bring jou kombers na MBT Petro Motors Kraaifontein!

7 Augustus - 7 Augustus, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

7 Augustus - 7 Augustus, 2019

12:00 nm - 3:00 nm

Milton Road 117 Hoek van Rembrandt & Milton Straat Scotssville, Kraaifontein.

Kontak Persoon:

Hennie du Toit & Johan Ngrini

Koffie, komberse, pryse en petrol!

Radio Tygerberg 104fm saai tydens #Kuiertyd met Lorrein Katzke uit vanaf die splinternuwe MBT Petro Motors in Kraaifontein. Kom maak ’n draai vir hulle spesiale aanbiedinge (wat koffie, pryse en petrol insluit!) en bring ‘n goeie gebruikte of nuwe kombers saam om die noodsaaklike werk wat die Haven Night Shelter, Kraaifontein in die omgewing doen, te ondersteun (dis waar die komberse inkom!).

Luisteraars wat hul op die dag besoek, sal ’n kans staan om moontlik een van vyf R100 petrol geskenkbewyse te wen. MBT Petroleum promosie-items sal ook op die dag gratis uitgedeel word solank voorraad hou (pryse en petrol!).

MBT Petroleum skenk ook komberse aan Haven Night Shelter, Kraaifontein, so help hulle met die projek en deur jou goeie gebruikte of nuwe kombers saam te bring. Kom maak dus ‘n verskil en #POPin om jou deel te doen vir die gemeenskap op Radio Tygerberg 104fm se #KleinSaterdag ten bate van The Haven Night Shelter.

Boonop, sal MBT Petroleum 50c skenk aan die  Haven Night Shelter, Kraaifontein vir elke liter petrol wat verkoop word! Dis petrol wat werklik saak maak.

Daar is ook hope spesiale aanbiedinge deur Premier foods (Manhatten sweets)😋, Coca-cola 🥤and MBT Petroleum op die dag en ’n gratis koffie vir elke luisteraar wat petrol ingooi. Alles terwyl voorraad hou.

Moenie hierdie pretdag misloop nie, dit is wen-wen al die pad!

 

 

https://www.facebook.com/mbtpetroleum.co.za/videos/2289249087858918/?t=1