DesemberDesember

Film: I Still Believe 20 Maart 2020

20 Maart - 30 April, 2020

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

20 Maart - 30 April, 2020

Volle Dag

I still believe in Your faithfulness
I still believe in Your truth
I still believe in Your holy word
Even when I don’t see, I still believe.

Bring die snesies nader vir die fliek met dieselfde titel as die baie gewilde I Still Believe – die ware liefdesverhaal van Amerikaanse Christen-sanger Jeremy Camp en sy eerste vrou, Melissa Lynn Henning-Camp. Melissa het vier maande na hul troue in Februarie 2001 aan kanker gesterf.

Dit is ‘n verhaal van liefde, roem, eerste èn tweede liefdes en hoop en verlies.

Jeremy is in 2003 met sy tweede vrou ‘n Suid-Afrikaner van Port Elizabeth, Adrienne getroud. Die egpaar het drie kinders.

In die fliek is KJ Apa te sien as Jeremy Camp, Britt Robertson vertolk die rol van Melissa Lynn Henning-Camp en Gary Sinise speel Tom Camp, Jeremy se pa terwyl die geliefde Country-sanger Shania Twain Jeremy se ma, Terry speel. Sy huidige vrou Adrienne word deur Abigail Cowen vertolk.

Die fliek begin 20 Maart in Suid-Afrika draai.

https://www.facebook.com/istillbelieve/videos/779842575830558/?t=0