Elke huis het sy kruis
1 April - 18 April, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
1 April - 18 April, 2019
Kontak Nommer:
0846614104
Dankie aan elkeen wat ‘n kruis gemaak en ingestuur het. Mag Paasfees vir jou en jou gesin vanjaar ‘n groot
seën wees.
Elke Huis het sy Kruis hierdie Paasfees op Radio Tygerberg.
Ons lééf Christus.
_____
Elke huis het sy kruis, maar het jou huis ’n kruis?
Hierdie Paastyd wil ons die fokus terug plaas op wat Jesus Christus vir ons aan die kruis gedoen het. Bou saam as gesin ’n kruis en plant dit voor julle huis. Neem ook ’n foto en Whatsapp dit na ons by 0846614104.
Só kan ons saam die Kaap se mense herinner dat dat Hy wat aan die kruis gesterf het, ons vrygekoop het van elke moontlike kruis (uitdaging, seer, verslawing, siekte) wat ons in ons huishoudings mag tref.
Stuur jou foto’s tot en met Donderdag 18 April aan ons.
Elke Huis het sy Kruis, hierdie Paasfees op Radio Tygerberg. Ons lééf Christus.