#EkwilEkkanEksal 2019
16 Februarie - 16 Februarie, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
16 Februarie - 16 Februarie, 2019
7:00 vm - 3:30 nm
Radio Tygerberg 104FM, Suid-Afrika se grootste Christen Radiostasie in samewerking met Finesse Tydskrif, het die afgelope naweek die eerste van sy soort #EkWilEkKanEkSal werkswinkel by Vredelust Gemeente in Kaapstad aangebied met sowat 500 gaste!
Voormalige Radio Tygerberg 104FM omroeper en RoepTV.com aanbieder, Karien Basson, het saam met gaste, jonk en oud, die Voelgoed-dag geniet. Van sielkundiges tot TV aanbieders het Radio Tygerberg en Finesses Voelgoed Tydskrif se gaste inspireer met praatjies en werkswinkels wat hulle motiveer om te #EkWilEkKanEkSal.
Sprekers soos Tracey Lange, Bill Price, Lise Swart, Gustav Gous, Wouter Snyman en Finesses se redaktrise Venessa Schoeman, het die verhoog betree vol energie en ‘n passie vir ‘n positiewe leefstyl.
#EkWilEkKanEkSal was werklik ‘n oggend waar die gaste praktiese voorbeelde kon huis toe neem om ‘n kampioen van hul eie toekoms te word. Radio Tygerberg 104FM en Finesses Tydskrif kan nie wag om volgende jaar weer hierdie spog geleentheid aan te bied nie.
Die boek “MAAK DIT GEBEUR. MAAK DAT DIT SAAK MAAK” is ook bekendgestel by die konferensie en het soos soetkoek verkoop. Op hierdie manier kon die gaste die sprekers van die dag asook 37 bykomende kenners, saam met hulle “huis toe neem”. Die konsep van die boek is dat gaste een kon koop en dan nog een GRATIS kry om te saai, of te gee vir iemand wat nog nie sy of haar volle potensiaal ontgin het nie, of wat bloot ʼn behoefte het om te groei en sukses te bereik.
Saam met die sprekers se insiggewende sessies en die boekbekendstelling, is Finesse se samewerking met Helpende Hand – die DOEN GOED inisiatief en die Finesse-vriendinneklub bekendgestel.
Kliek op https://voelgoed.co.za/ vir meer inligting oor hierdie nuwe opwindende inisiatiewe!
Koop gerus die boek Maak dit gebeur maak dat dit saak maak by hul aanlynwinkel www.voelgoed.co.za om die kampioen van jou toekoms te word.
________________________
Vanjaar bied Radio Tygerberg 104fm die baie gewilde #EkwilEkkanEksalkonferensie in samewerking met die tydskrif Finesse in Kaapstad aan op Saterdag 16 Februarie.
Hierdie eendagkonferensie is bedoel om jou aan te vuur en passievol te maak vir die pad vorentoe. Saam delf ons diep na die regte prioriteite, ontgin ’n visie vir ons lewe en besigheid en maak dit dan vas met praktiese doelwitte.
Wat kan jy by die konferensie verwag?
Is jy ’n beroepsvrou wat streef na balans, ’n doel en ’n deurbraak in jou loopbaan? Of is jy die eienaar van ’n klein besigheid wat die kers aan albei kante brand?
Of jy nou ’n ma, professionele persoon of ’n kreatiewe siel vol idees is, #EkwilEkkanEksal is vir jou! Moenie dat vrees langer jou lewe dikteer nie – begin doelgerig leef.
Die konferensie is nie vir sissies nie, want dit bied geen kitsoplossings nie. Dis vir almal wat regtig moeite wil doen om te verander, te groei en hulle volle potensiaal te ontgin.
Dryfkrag kom wanneer jy iets doen in ooreenstemming met wie jy regtig is. Dis ’n voorreg – én ’n uitdaging – om daardie spesiale mens, jý, te leer ken.
En om dan iemand te vind wat mal is oor daardie persoon, ’n werk te kry wat haar nodig het en ’n lewe te skep waar sy haarself ten volle kan uitleef.
KAARTJIES
R150 R175 (Tot 27 Januarie)
Groepsbespreking | R625 vir 5
Besighede | R1000 vir 10
KAAPSTAD | Saterdag 16 Februarie 2019 | NG Vredelust
TYD | 07:00 vir 08:00