Dik vir Dik wees!

1 Oktober - 31 Oktober, 2018

* Hierdie gebeurtenis het alreeds plaasgevind

BESONDERHEDE

1 Oktober - 31 Oktober, 2018

Volle Dag

Kontak Nommer:

0861 104 104

Kontak Persoon:

Adrie Jurgensen

Kontak Epos:

adrie@104fm.co.za

Oggendrooi-aanbieders, Anton Brink en Gerald Petersen wat op 1 Oktober hul stryd teen die vetjies afgeskop het, is behoorlik Dik vir Dik wees! “My kinders is nog klein en my pa is op die ouderdom van net 47 jaar oorlede. Ek wil nie dieselfde pad stap nie en besef ek sal my leefstyl moet aanpas om by die drie vroue in my lewe te kan bybly!” sê Gerald. “Ja, in my familie begin die gesondheidsprobleme ook hier duskant 45,” beaam Anton, “en soos Gerald dit so mooi stel, ons is nou net behoorlik dik vir dik wees!” Dié twee gaan vir die
volgende twee maande ‘n gesonde leefstyl en oefenprogram volg om daardie ekstra kilo’s af te skud. In die proses hoop hulle ook om luisteraars daagliks te inspireer om gesonder te leef.