DesemberDesember

Dik vir Dik wees ontbyt (‘n Gesonde een!)

14 Februarie - 14 Februarie, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

14 Februarie - 14 Februarie, 2019

Op Valentynsdag het Radio Tygerberg 104fm, Suid-Afrika se grootste Christen radiostasie in samewerking met RejuvenateX360 ‘n ontbyt by die Anna Beaula Gasteplaas in Durbanville aangebied om die afsluiting van ‘n 10 week #DikVirDikWees-projek te vier.

Die radiostasie se ontbytprogramaanbieders, Anton Brink en Gerald Petersen het, saam met luisteraars die gewigsverliesreis aangepak. Deelnemers Chris Henn, Zelda Geldenhuys -Griesel en Gerald Petersen het gesamentlik reeds meer as 60kg verloor!

Gaste is gedurende die oggend geïnspireer met praatjies deur Dr Johan Carstens, stigter en direkteur van die i_OPUS Instituut vir navorsing en Ontwikkeling, Aldytha da Silva, Mev Suid-Afrika Eerste prinses 2016, Cassie Marais van HGG Finansiele Dienste asook paneelbesprekings deur die deelnemers en gesondheidspersoneel van RejuvenateX360.

Die oggend is moontlik gemaak deur RejuvenateX360 (‘n herstelsentrum en gesondheidspa wat ‘n holistiese benadering volg tot gesondheid en herstel) en HGG Finansiele Dienste. Die gaste kon ook ‘n gesonde brunch en vegan sjokolade nagereg geniet – sonder om skuldig te voel oor té veel kalorieë! Musiek is verskaf deur Radio Tygerberg 104fm se eerste wenner van die Gospel Talentsoekkompetisie, Martelize Voigt waarna gaste met ‘n heerlike “bossie beet” en ‘n propvol geskenkpakkie die Valentynsdag op ’n gesonde noot kon aanpak.

Vir meer foto’s of indien jy  belangstel om meer oor RejuvenateX360 se program te weet, besoek www.tygerberg104fm.co.za en volg hul sosiale media.

Dr Johan Carstens  Aldytha Da Silva,  Martelize Voight Anna Beaulah Gasteplaas