DesemberDesember

Cycling for Life Spinathon

1 Junie - 1 Junie, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

1 Junie - 1 Junie, 2019

6:00 vm - 6:00 nm

Aktiwiteitsentrum by Laerskool De Hoop, Somerset-Wes

Kontak Nommer:

076 062 5855

Kontak Persoon:

Natashja

Radio Tygerberg 104FM het in samewerking met Roeptv.com en Bloudruk Media getrap om fondse vir Helderberg Hospice in te samel. Meer as ses spanne het op Saterdag 1 Junie van 06:00 tot 18:00 getrap. Rikus van Rooy het onder meer INSPIRASIE gesels met kankeroorwinnaar, Ingrid van der Merwe, en die senior brandweerbeampte, Shane Woolstencroft.

_________________

Die fietsresie met ‘n verskil, wat ‘n verskil maak!

Cycle for Life 2019 pdf

Die jaarlikse Fietsry Uithouvermoë Spinathon ter ondersteuning van Helderberg Hospice is ‘n fietsrit soos geen ander nie. Langer as die Argus, vriendeliker as die Cape Epic en meer pret op ‘n fiets as die gemiddelde fietsry-resie. Dit is die Helderberg Hospice Cycling for Life-geleentheid wat op Saterdag 1 Junie 2019 by die Aktiwiteitsentrum by Laerskool De Hoop, Somerset-Wes gehou word, van 06:00 tot 18:00.
Geborgde spanne van fietsryers sal vir 12 ure meeding om te kyk wie die meeste kilometers kan trap. Hierdie gebeurtenis simboliseer die uithouvermoë waarmee elke pasient wat ‘n lewensbedreigende toestand in die gesig staar, sowel as die volhoubare sorg wat hulle van Helderberg Hospice ontvang. Baie van die deelnemers ry ter nagedagtenis van ‘n geliefde of trap die pedale in solidariteit met diegene wat tans behandeling ondergaan of Hospice sorg ontvang.

Spanne van 4-12 fietsryers neem die uitdaging aan om energie in fondse te omskep. Elke span onderneem om ‘n minimum van R3600 inskrywing fooi in te samel om te verseker dat die spesiale sorg van Helderberg Hospice steeds beskikbaar gestel kan word aan almal in die gemeenskap. Individue wat die volle 12 uur wil ry, is welkom om die Solo Saddle Challenge aan te pak teen ‘n inskrywings fooi van R500.
Fietse word as statiese oefen fietse opgestel met gerekenariseerde snelheidsmeters en fietsryers trap hul pad deur ‘n dag van stilstaande mededingende kilometers. Energieke musiek, grootskerm-TV’s, lekker kos en kol pryse regdeur die dag, hou die energie en entoesiasme op.

Terwyl die pas vanaf die begin van die dag bewys dat Fietsry vir Lewe net so veeleisend is as enige van die groot fietsry wedrenne, toon die groot toename sedert 2010 dat fietsryers van alle vlakke gretig is om deel te wees om ‘n verskil in iemand anders se lewe te maak.
Hyundai Somerset-Wes, onder leiding van Wolf Kreft en sy span, borg die geleentheid vir die derde agtereenvolgende jaar .

Raak saam met Radio Tygerberg 104fm en RoepTV.com deel  van hierdie wonderlike gebeurtenis deur óf ‘n span in te skryf of finansiële borgskap te bied aan diegene wat ry om die toegewyde sorg van Helderberg Hospice te ondersteun!

Klik hier vir meer oor die:

Inskrywingsvorms

Reels en Regulasies

Borgskappe

of kontak Natashja by 076 062 5855 of email natashja@helderberghospice.org.za