Biddag vir reën op Williston met Oom Angus (kyk video)
25 Julie - 25 Julie, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
25 Julie - 25 Julie, 2019
11:00 vm - 1:00 nm
Williston
Das Louw Stadium
Kontak Nommer:
053 391 4161
Kontak Persoon:
Franci Schoeman
Kontak Epos:
Oom Angus tuis tussen al die hoede!
Oom Angus, wat die biddag vir reën op Williston gelei het, het gespot dat hy baie tuis voel op die dorp want almal dra hoede! Die evangelis, wat bekend daarvoor is dat hy hoed op die kop en Bybel onder die blad passievol en reguit bid, het vandag ‘n boodskap van versoening vir die gemeenskap gehad.
Daar was sowat 3000 mense wat by die Das Louw Stadium op die dorp bymekaar gekom het om te pleit vir reën, maar dit was veel meer as net ‘n #biddag vir reën. Oom Angus het begin deur te sê dat mense moet bely wat verkeerd is in hul lewens, maar ook wat verkeerd is in die gemeenskap. Hy het die leiers uitgenooi om hande te vat, planne te maak en te herstel daar waar die gemeenskap dit nodig het. In lewens, families en gemeenskappe.
Dit was ‘n dag waarop die gemeenskap werklik bymekaargekom het. Die dorp het selfs “toegemaak” tussen 11:00 en 13:00 terwyl almal die biddag gesteun het. Leerders van die plaaslike skole, die polisie en mense van so ver as Kaapstad en Pretoria het die dag bygewoon. Oom Angus se gebedskrygers het ook vanuit verskeie lande gebid vir die genade van reën.
“Op Williston, en die Noord-Kaap sien mens geloof in aksie” sê nuushoof Elize Parker, “maar die mense het baie hulp nodig. Ons sal moet hande vat en, selfs al reën dit nou, sal die boere hier nog vir ‘n paar maande hulp (voer) benodig.”






_________________
Biddag vir reën op Williston
Op Donderdag, 25 Julie bid oom Angus Buchan vir verligting van die jarelange droogte wat groot dele van Suid-Afrika en veral die Noord-Kaap tans lam lê.
In Williston is daar vanaf 11:00 – 13:00 op die dorp se rugbyveld ‘n gebedsbyeenkoms onderleiding van oom Angus. Die organiseerder, Franci Schoeman, sê enigiemand is welkom. Sy nooi ook mense van die Wes-Kaap om saam te kom bid. Kontak haar op 053 391 4161 of E-pos haar by langbaken@williston.za.net.
In Williston is daar vanaf 11:00 – 13:00 op die dorp se rugbyveld ‘n gebedsbyeenkoms onderleiding van oom Angus. Die organiseerder, Franci Schoeman, sê enigiemand is welkom. Sy nooi ook mense van die Wes-Kaap om saam te kom bid. Kontak haar op 053 391 4161 of E-pos haar by langbaken@williston.za.net.
Die Noord-Kaap is reeds vir byna vyf jaar in ‘n greep van erge droogte. Kom ons bid vir ons mede broers en susters wat elke dag die effek en gevolg van die droogte aan hulle lywe voel.