2020 Pledge ‘n noodsaaklike een

25 Mei - 29 Mei, 2020

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

25 Mei - 29 Mei, 2020

Volle Dag

 

SOS: RADIO TYGERBERG 104FM

Wanneer die inkomstestaat lees:  NUL Rand en NUL sent en dit op die tafel lê van ‘n geloofwaardige maatskappy… dan sluk mens swaar.  Want hoe staan ‘n gesoute Christen Media entiteit soos Radio Tygerberg 104FM van sy knieë af op as dit deur keuses buite sy beheer tot wanhoop gedryf is? COVID19 het oor 60 dae swaar houe uitgedeel en Radio Tygerberg104FM staar onomkeerbare nagevolge in die oë.

Na 26 jaar, as pasaangeërs in die Suid-Afrikaanse Christen media industrie, was Radio Tygerberg 104FM nie net die bekende stem, hart en hand in die gemeenskap met lewensveranderende projekte soos:

  • SOS100 vir ons boere en hul skape
  • SOS200
  • Tygerrun
  • Gospel Skouspel
  • Voete100 waar 5 000 kinders nuwe skoolskoene ontvang het en
  • Kind 100 waar honderde kinders Kersfees ervaar het nie.
  • Radio Tygerberg104FM het ook buite sy uitsaai-grense beweeg en Wupperthal & Knysna se mense bedien totdat hulle as kon afstof, asemhaal en weer glimlag na die verwoestende brande…

Radio Tygerberg 104FM was nog altyd die stem van hoop op die luggolwe in die Wes-Kaap wat Jesus na die mense uitgeleef het, maar vir ‘n eerste keer in ons geskiedenis beleef ons ‘n seisoen van onsekerheid waar realiteit aan ons deur klop.

  • Media is onder geweldige finansiële druk met talle radiostasies wat hul deure noodgedwonge sluit;
  • Die mediareus Caxton met tydskrifte soos o.a. Rooi Rose kom tot stillstand na 38-jaar;
  • Die bemarkingsinkomste is met 75% gesny;
  • Donasies, debietorder en ander funksies wat ekstra inkomstes verseker het, is gekanselleer.

En vir die eerste keer staar hierdie Christen hartklop van die Wes-Kaap ‘n nuwe realiteit in die oë:  die moontlikheid dat die radiostasie wat op 104FM vir so lank sout & lig vir soveel mense was, binne een maand kan stil raak.

In Habakuk 3 roep die profeet uit en vra God dat Sy mag gesien en ervaar moet word in ‘n baie moeilike tyd.  Hy gee dan oor en sê:   “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, nogtans sal ek in die Here jubel,  sal ek juig in God, my Redder.”

Om te laat gaan en steeds te jubel beteken nie noodwendig jy gee nie meer om nie, dit beteken net jy gee vrees nie meer vatplek aan jou siel nie.   Om te laat gaan beteken jy staar die waarheid in die oë en gee God die reg om in te gryp.

Radio Tygerberg 104FM skryf hierdie brief nie uit vrees nie, want ons besef Vrees en Liefde funksioneer beide op vertroue en geloof in die onsigbare.  Liefde daag jou uit om te twyfel in dit wat jy kan sien en te glo in dit wat onsigbaar is.  Vrees dwing jou om te glo in dit wat jy kan sien terwyl jy twyfel in die onsigbare.  Vrees verplaas liefde en liefde dryf vrees uit.

Radio Tygerberg 104FM rig hierdie brief aan al ons vriende en vennote omdat ons weet God ons denke en rentmeesterskap ken.

Ons het nóú nodig om met eerlikheid broos te staan en jou hulp te vra, omdat ons geen ander keuse meer het nie.

Met jou bydrae verseker dit radio uitsending vir die moeiliker maande wat kom.  En dit gun ons die kans om te doen waarmee ons goed is – Hoop te verkondig vir die mense wat luister!

SOS Radio Tygerberg104FM is gestig en jou bydrae sal waardeer word.

Met elke bydrae kan ons as Nie-winsgewende organisasie ‘n Art18A sertifikaat aanbied wat maatskappye met SARS verligting kan help.  Op hierdie manier belê jy in ‘n groter saak as net in die regering van Suid-Afrika.

Inbetalings kan gemaak word aan:

TYGERBERG COMMUNITY INITIATIVE NPC

Company Reg. Nr: 2009/003061/08

PBO Nr: 9300 30909

Bankbesonderhede:

Tygerberg Community Initiative

ABSA Cheque                409 202 9307

Tak kode                         632005

Swift kode                      ABSAZAJJ

Met groot danke en waardering