Die 2019 Matriekfees wenners nou bekend! (kyk video)

15 Julie - 24 Julie, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

15 Julie - 24 Julie, 2019

7:00 vm - 2:00 nm

Radio Tygerberg 104fm se matriekveldtog-wenners het onlangs die geleentheid gekry om die borge te ontmoet tydens ‘n geselligheid by die rasiostasie. Keanu Harker het agter die skerms gesorg vir musiek en vermaak terwyl Benescke Janse van Rensburg op lug met van die wenners gesels het.
 
Dankie aan ons borge Studio 47 House Of Fashion Fabrics, Eulogeo Zeloo Couture by Yolande Kruger, Wiecus van Deventer, Northlink College, Watkins Valeur Health and Beauty asook Imperial Nissan Tygervalley.

Die MatriekFEES is hier!

SKAKEL IN Maandag tot Vrydag, elke oggend, tussen 07:00 en 07:30 om te hoor wie die tien gelukkige wenners is.

Dankie aan elkeen van ons borge wat hierdie jaarlikse projek vanjaar moontlik maak. Al tien wenners ontvang ’n ontwerpersrok- of aandpak moontlik gemaak deur Studio 47 House of Fashion Fabrics; Eulogeo Zeloo Couture en Wiecus van Deventer. Hiermee saam word die wenners se hare, naels en grimering op die dag van die Matriekafskeid deur Northlink College geborg. Verder verskaf Watkins Valeur aan elke individu ‘n geskenkpak. En dan word al tien wenners se vervoer op die groot dag moontlik gemaak deur Imperial Nissan Tygervalley.

Onthou om die komende week elke oggend tussen 07:00 en 07:30 te luister wie die wenners is!

Ons wenners word op 24 Julie heerlik by ons kantore bederf, maak dus seker jy weet wie wen!