104fm Reik uit! Huis Martina
6 Desember - 6 Desember, 2018
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
6 Desember - 6 Desember, 2018
9:00 vm - 11:00 vm
Vandag was die personeel van Radio Tygerberg 104fm bevoorreg om by Huis Martina in Parow vallei te kon kuier, sing dans en die Woord te bedien. Huis Martina was die derde uitreik as deel van die stasie se Week van Dankbaarheid. Huis Martina is ‘n program van BADISA, ‘n bedieningsaksie van die NG en die VGK Kerke. Daar is tans 140 bejaardes waarvan sowat 54 verswaktes is.
SKENKING GEMAAK
Met die hulp van Stratum Benefits is daar 140 pers kniekomberse ingesamel en uitgedeel.
WAAROM PERS?
Vroegoggend omroeper, Gerald Petersen van Nuwe Môre is berug vir sy pers kniekombersie wat elke oggend saam met hom die “koue” aandurf wanneer hy begin uitsaai. “En ek glo ek is nie die enigste een wat die voordeel en warmte wat so ‘n ou pers kombersie bied, behoort te geniet nie!,” het Gerald gesê.
RAAK BETROKKE
Behalwe vir kuier en geselskap, is daar ‘n behoefte aan toiletware, linne, slaapklere, handdoeke en versnaperinge vir die inwoners. Daar is 75 goed opgeleide personeellede wat 24 uur beskikbaar is vir die inwoners. Huis Martina se leuse is: Ons luister, gee om en dien.
Besoekers word verwelkom en kan vooraf reëlings tref by Martie Wyngaardt by 021 931 1235.