JanuarieJanuarie

104fm Reik uit! Tygerberg Kinderhospitaal

7 Desember - 7 Desember, 2018

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

7 Desember - 7 Desember, 2018

9:00 vm - 11:00 vm

Wanneer jou held kom kuier…Radiostasie reik uit Wanneer die hospitaal se hysbak oopgaan en Aspoestertjie, Bella, die Slapende Skoonheid, Raponsie, Moana en die skone prinses Elsa van Frozen-faam uitstap, gevolg deur Batman en Spiderman, staan groot en klein verstom! “Batman, Batman” gil die klein seuntjies in die gange en die prinsesse het hul hande vol om saam met mammas en dogtertjies foto’s te neem – om nie eers te praat van die dokters en verpleegpersoneel nie!

Vir die kleinspan wat op Vrydag, 7 Desember, in Tygerberg Hospitaal se kindersaal was, het Kersfees vroeër gekom en kon die pyn en seer so ’n bietjie plek maak vir lag, “high fives” en pret. Die spanne van RoepTV, Radio Tygerberg 104fm asook Die Burger het as deel van ‘n feesuitreik die kindersale by die Tygerberg Hospitaal besoek. Tydens die besoek is geskenke en lekkergoedpakkies deur Die Burger uitgedeel terwyl Radio Tygerberg 104fm en RoepTV se personeel – almal as prinsesse en superhelduitrustings, aktiwiteitsboekies uitgedeel het wat deur Bible Art en CJA geborg is. “Daar was ‘n tienjarige dogtertjie van Khayelitsha wat deur ‘n motor omgery is. Sy het gips en verbande om haar hele lyfie gehad maar toe prinses Bella (Skoonlief en die Ondier) nader kom, was haar glimlag aansteeklik,” vertel Eunice Stolz (Elsa van Frozen), nuusredakteur by Radio Tygerberg 104fm.  “‘n Seuntjie met ‘n Batman-masker kon nie sy oë glo toe “die regte” Batman hom skielik “fist bump” nie. Wat ‘n ongelooflike voorreg om deur net daar te wees, soveel vreugte te kon deel”, sê inhoudsbestuurder Rikus van Rooy (Batman). As deel van Radio Tygerberg 104fm se Dankbaarheidsweek in die eerste week van Desember is verskeie organisasies in die week besoek. Die week sluit die 25ste bestaansjaar van die stasie asook 10 jaar in die huidige gebou in Parow af.  Vir meer besoek gerus die webtuiste www.tygerberg104fm of volg hul op sosiale media.