JanuarieJanuarie

104fm REIK UIT: Heaven’s Nest

6 Desember - 6 Desember, 2018

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

6 Desember - 6 Desember, 2018

10:00 vm - 12:00 nm

Die Radio Tygerberg-span het vandag besoek gaan aflê by Heaven’s Nest in Ottery. Hierdie kinderhuis versorg hoofsaaklik kinders wat deur die hof daar geplaas word weens mishandeling, armoede en verwerping.

Kinders tussen die ouderdom van 18 maande en 8 jaar word hier geplaas.

As deel van ons #Kind100-projek kon ons vandag speelgoed, lekkers en ’n geskenkbewys aan die kinderhuis oorhandig. Ons kon sien dat die kinders wat hier gehuisves word gelukkig is en spesiale sorg kry van passievolle personeel.