104fm OUTREACH: Zanokhanyo Children’s Safety Home
4 Desember - 4 Desember, 2018
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
4 Desember - 4 Desember, 2018
9:00 vm - 11:00 vm
Van ‘n hulpkreet na ‘n jubelkreet.
Die Zanokhanyo Huis vir Kinders moes ‘n paar weke gelede een aand uit hulle bedjies vlug, toe ‘’n inbreker ‘n brand buite die huis veroorsaak het. Wat hulle eens huis kon noem, is in as gelê.
Maar Hoop beskaam nie…
Gemeenskapslede, lede van die wyer publiek, kerke en organisasies het ingespan om te help. Die afgelope week kon Radio Tygerberg104FM klere, speelgoed, en eetgerei aan die huis skenk. Hoewel dit hulle onmiddellik behoeftes aanspreek, is die behoefte vir ‘n huis egter dringend.
Danksy bure het die kinders elke aand ‘n dak oor hulle kop, en word donasies in ‘n buurman se, reeds klein huisie, gestoor.
Die huidige situasie is nie ideal nie en daarom is groot planne in plek om die huis te herbou en weer te omskep in ‘n plek van veiligheid vir die kinders.
Daar is ‘n fonds gestig waar enige skenkings gedoen kan word om die noodsaaklikse tuiste weer te herbou. Besoek BackaBuddy gerus indien jy kan help.
EUNICE STOLTZ is nuusredakteur by Radio Tygerberg 104fm